DAG SES-EN VEERTIG TOT VYFTIG: OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE REIS NA KENYA
Hierdie blog is gebasseer op ouma Bettie se dagboek en alles wat hier in hierdie blog geskryf is, is haar eie woorde. DAG SES -EN- VEERTIG: MAANDAG 20 STE OKOTBER 1958 TOE VERTREK ONS OOR N BAIE BREE RIVIER. Daar is n pond wat deur n motorbootjie gestoot word. Ons het dit nogal baie geniet. Luvua rivier pond Luvua River is a river that flows out of Lake Mweru in the Democratic Republic of Congo, serving as a major outlet for the lake and eventually joining the Congo River . Lake Mweru is a large freshwater lake on the border between Zambia and the Democratic Republic of Congo. Ons is toe verder met n baie slegte pad deur digte bosse wat lyk soos n gang. Daarna weer met n een rigting pas uit en daar bo op die pas het dit gelyk soos Dullstroom se wereld. Na omtrent 10 of 15 myl is ons weer deur n digte gang van bosse tot by Jadotville. N Mooi groot dorp en ons het in die Hotel Europe geslaap. JADOTVILLE Shinkolobwe mi...