N KERSFEES SONDER OUERS

 


 met my siek oupa ... 

My pa en ma is nog steeds weg.  Ek dink hulle was in Pretoria saam met my oupa wat siek was.  Ons bly op Draaikraal by familie. Ek onthou hoe mooi ek na my sussies gekyk het. Waar my oudste sussie was weet ek nie. Elke aand het ek hulle kleertjies uitgespoel en op gehang en bedags het ek altyd gesorg dat hulle, in die middae bietjie slaap. 

Die enigste speelplek was agter die huis onder die wilgerbome op n groot rots.  Ons het op die rots gestaan, aan die lang wilgerrlatte vasgehou en oor en oor en oor geswaai tot doer voor en dan weer terug om net weer te laat waai!


Toe gebeur dit - Kersfees sonder ma en pa. Net ons drie op Draaikraal. Die oom en tannie vertel ons van n Kersfeesboom  en van persente kry.  Ek is so skaam vir al die vreemde mense en dat almal gaan weet ons drie het nie vanaand n ma of n pa nie.  Ek wil my sussies toemaak en wegvou van die seer!

"Elma" se die oom en ek loop skaam-skaam vorentoe.  Vir my sussie ook n persent en n groot blou, blink blik Chevrolet speel kar vir my anner sussie.

Die aand na die persente uitdelery, is daar n dans vir die groot mense en al die kinders bly alleen in n oom se huis. Ons wag en wag.  Ons wag nog meer. Ons ma en pa is ver.   Teen ligdag kom die oom en kom die tannie, by wie ons bly, daar aan.  My twee sussies slaap altwee hier styf teen my in die kar, as ons terug ry huis toe.
 
   
Onreg en sonde kan n kind mos ruik. Hier ruik ek en hoor ek toe vir die eerste keer in my jong lewe, in die oom se stem daai ding.  n Groot banggeid gryp my aan my hart. Die oom sukkel om te praat en hy ruik so suur. My pa is ver en my ma is ver en n Kersfees sonder n ma en pa is vreeslik swaar! 

Comments

Popular Posts