VENDUSIES

 





My ma het altyd vertel hoe sy nie skoene gehad het om aan te trek nie en hoe my pa by die huis aangekom het met n Afrikaner koei en haar kalf. My pa was by die vendusie op Stoffberg.  

W.J.S. Enslin het die almanak op die stoep gelees.  Dit was groot sake die vendusies.  Die tannies van die kontrei het smeulend, sweet aftappend voor Primus stofies kerrie en rys opgeskep, jaffels en pannekoek gebak en vetkoeke, so groot soos kleinbordjies, tot oorlopens toe gepak met kerrie mince.  Party van daai boere manne het gelyk of hulle net so van die trekkers afgeklim het. Die rooi grond het sommer sulke halsbande om die dik nekke gele.  My ma het altyd vir my pa gese sy is so bly hy is nie so nie.  My pa was n netjiese man.  Hy het altyd geskeer voor hy vendusie toe gegaan het en n skoon khakie hemp en broek aangetrek.  

Daar was alles by hierdie vendusies - ou meubels, varke, hoenders, ganse, beeste, skape, bokke, perde en selfs n donkie of twee. Die vendusies het altyd by die losgoed begin om die krale, maar die eintlike vendusie het in die krale  plaasgevind. Die boere en die slagters het teen mekaar gebie.  Die boere wou boer en die slagters wou slag goed koop.

Dit was soos n groot opvoering met honderde beeste, stof, beesmis en een groot khaki gehoor! n Grant arena.  n Skouspel en die orkesleier - daai man wat woorde vinniger kon uitspoeg as my pa se masjien geweer!











Comments

Popular Posts