DIE NEGE OOG

 




My ma en pa is weg en ons moet by tant Marie en oom Jan oorkant die rivier bly.  Ek onthou hoe koud en vreemd die huis was vir my.  Soos ys.  Hulle lag nie.  Hulle speel nie.  Hulle wil ons nie regtig daar he nie.

Ek dink dis van spanning en verlange na my ma, maar so erens tussen al die verlang en al die alleen wees, begin daar n ding groei agter op my nek. Ek is klein en die ding is groot.  Elke dag groei dit hier agter op my nek.  Dit word groter en groter en ek word stiller en stiller. Soos n kloppende oop gedierte sit die ding hier agter op my nek, onder my hare.  My ma is weg en my hart en my kop is seer. 

Eendag met pouse gaan soek ek my sussie om vir haar te se ek het seer ... regtig seer en toe ek skaam langs haar gaan staan ... slaan sy haar hand om my nek en BOOM!

My ogies gaan toe  ... en ... my ma is weg! Ek huil saggies en ek loop weg.

Daardie middag tel tant Marie my hare op en toe se sy ewe jolig: " O! dis n nege oog ... daar is nege van hulle!"






Comments

Popular Posts