GROBELAAR SE WINKEL

 











Hulle het altyd voor in die kerk gesit.  Hulle het ingekom as almal al gesit het - net voor dominee Dednam inkom.  Die Groblers.

Die oom, vier en regop en slank.  Anders as al die boere het hy nie n maag gehad nie.  Hy het sy donker pak vol gesit soos n lood in n potlood.  Tannie Grobler was altyd fyn uitgevat en haar wit handskoentjies altyd netjies gevou om n klein dra handsakkie wat sy styf vasgeklou het, teen haar sy.


Na kerk het hulle net so n klein bietjie getalm - so bietjie gesels oor gewone goedjies met die gewone mense maar niks intiem nie.  Dan het hulle ewe statig in hulle donkerblou Mercedes Benz geklim en in die niet verdwyn.

Ek het altyd gewonder oor die Groblers.  Oor hulle groot netjiese huis agter die winkel op Stoffberg.  Ek het niemand geken wat ooit by hulle gaan kuier het nie.  Waar het hulle vandaan gekom?  Hoekom het hulle juis n winkel hier, hier op Stoffberg kom oopmaak?

Mens kon alles koop in die Groblers se winkel.  Van rok materiaal tot potte en panne.  Een Kersfees wou ek graag persente vir almal koop en ek onthou hoe ek tussen die glasgoed rondgeloop het om vir my ma n glas konfytpotjie te koop.  Daar was a redelike keuse maar iets was missing in die Groblers se winkel.  "Joy".

Dit was a sad, sad winkel. Ek wonder oor hulle.  Miskien was hulle sad! As ek nou so terug dink was dit miskien sad om op so n ou klein godverlate, plattelandse plekkie vasgevang te sit met hunkeringe na n gesofistikeerde lewe in n groot stad!

Die donker stylvolle swart pak en die weerlose wit handskoentjies het hul eie storie vertel, maar die ver agter die oe ... dit het gespreek van n ver, ver verlange na n ander tyd en n ander plek - enige ander plek behalwe hier op Stoffberg!





Comments

Popular Posts