DIE KOSHUIS SOKKIE
Ek is n eerste jaar in Heidehof koshuis daar langs die Apiesrivier in Pretoria. My kamer is op die tweede vloer, langs die badkamer. Die eerste kamer in die gang aan die regterkant. Langs die badkamer is twee telefoonhokkies. Elke tweede aand is ek hier, in een van die telefoonhokkies, gooi my vyf-en-twintig sent in die gleufie en met oorsteltenis vra ek saggies vir die sentrale aan die ander kant: " Drie nul drie Laersdrift asseblief". Skierlik is my pa of ma aan die anderkant en ek huil. Ek huil snot en trane want ek wil nie hier wees nie. Ek wil op "Witpoort' wees - by my ma en by my pa. Dae word weke en weke verander in maande. Teen die middel van die derde kwartaal is my wereld soort van "gesettle" en ek bel minder huis toe. Een van die meisies in die gang vra my om op n "blind date" te gaan met iemand van die Universiteit van Pretoria se manskoshuis en ek se "ja". Freya - n meisie in my klas - en ek gaan...
