ONS KOOP ONS EERSTE HUIS IN NZ








My een groot misie is om n huis te koop hier in New Zealand.  Ek spandeer ure en letterlik ure op Trade Me en kyk na huise.  Een aand sien ek n huisie te koop vir $90,000 in n klein dorpie langs die kus, naby Palmerston Noord en ek wys dit vir Stanley. Dit is 2014.  Net daar en dan besluit ons om n tikie tour te vat in die Junie vakansie om na die huisie te gaan kyk.

Dit is die eerste keer dat ons in hierdie geweste kom.  Ons eerste keer in Palmerston Noord.  Die oggend ry ons uit om na die huisie te gaan kyk. Ons besef baie gou dat hier by hierdie plekkie iets verskrikliks gebeur het.  Die stoele in die klein sitkamertjie le verstrooid op die vloer en alles ruik muf en modderrrig.  Toe lees ons van die groot vloed en van die rivier wat die hele dorpie oorstroom het.  Ja, se ons vir mekaar ... die eienaars wat in Wellington woon het alles seker net so gelos en die huis op die mark gesit.  Dis nie vir ons nie.

By Ashurst se ons vir mekaar: "Dis mooi hier".  Ons kan hier bly"  by Woodville is ons impress met die begraafplaas en dink:  "dis n mooi begraafplaas ons kan hier begrawe word. So in ons rondry in die dorpie sien ons a huisie wat so vas is aan n ander huisie en dit is te koop.  Ons bel sommer dadelik die agent en maak planne.  Ons is so desperaat om ons eie huis te koop ons sal enige iets koop.  

Terug in Auckland begin ons nou in hierdie omgewing kyk vir n huisie want dit is baie goedkoper hier as in Auckland.  Stanley laai ses eiendomme op en oor n naweek vlieg ons weer Palmerston Noord toe om te kom kyk.  Vroeg een Saterdagoggend ry ons met ons gehuurde karretjie uit om na n huisie te gaan kyk in Eketahuna. Toe ons voor die huisie in die straat parkeer ... Stanley straat nommer 8 ... nog voordat ons uitgeklim het se ek vir Stanley:" Koop hom Stanley".  Toe ons deur die hek loop se ons vir die eiendomsagent:  "We will take it".  Eers later vind ons uit van die groot stuk grond agter die huis.  Ons het gedink dit is net die huisie en ons was dankbaar net om n huisie te kon koop.  n Huisie in die Wairarapa vir $120,000. Ons eie huis in New Zealand.  

Vandag 20 April 2026 is die pre-inspeksie vir settlement want more op die 21 ste April behoort ons huisie aan n nuwe persoon.  Ons huisie is verkoop. Pax beteken vrede in Latyns en ton beteken town in Middel Engels.  Vir ons was dit ons Vrede plekkie vir tien jaar! 



 Dankie Here vir Paxton - ons huisie vir tien jaar in die Wairarapa. 










Stanley se uie

My liefste man

My beloved Stanley how I love and love and love you.  

Stanley se tamaties uit die kweekhuis














 

Comments

Popular Posts