MY EERSTE SKOOLHOU JAAR IN NEW ZEALAND

 

Saint Dominic's Catholic College 28 Rathgar road, Henderson Wes-Auckland, New Zealand



The Chapel




Teen die einde van 2006 - hier om en by Oktober begin al die studente aansoek doen vir onderwys poste.  Elke Sondag sit ek by die eetkamer tafel in ons huur huis in Weatherly Road, Torbay, en doen aansoek vir poste.  Ek het n professionele persoon gekry om my Curriculum Vitae op te stel met n foto van myself op die voorblad. Ek pos elke Maandag middag na klas tien of twaalf aansoeke. Deur die hele Oktober, November en begin Desember stuur ek aansoeke uit.

Vroeg in Desember kry ek n onderhoud vir n Engelse en Media Studies pos by Rosehill College in Papakura. Na die onderhoud ry ek terug na Epsom kampus toe en toe ek die deur van die kar oop maak, is daar n oproep.  Dis Ben.  " Ma, Saint Dominic's College het gebel..  Ma het n afspraak daar vandag - een uur".

Ek het soveel keer hierdie imposante hek gesien, toe ek by Liston vir my tweede proef periode was, en ek het altyd gedink - Wow! dit is so indrukwekkend - ek staan nie n kans nie!. Carol Coddington is kort en rond en die prinsipaal van hierdie indrukwekkende meisieskool.  Langs haar sit Sue Armstrong - die visie prinsipaal.  Hulle vra my uit oor my onderwys ervaring en spesifiek oor Media Studies.  Sue Armstrong vra my of ek belang sal stel om Media Studies in Saint Dominic's College te begin.  " Yes, my lecturer, Ngaire Hoben, told me that I should persue Media Studies and that I should grab every opportunity of teaching Media Studies".

Ek verwag niks van die onderhoud nie, want ek is ouer, ek het al omtrent 200 aansoeke uitgestuur tot dusver en hierdie is maar net die tweede onderhoud wat ek gekry het.  Toe ek instap in die kombuis in Weatherley straat, ons huur huisie, lui die telefoon.  Dit is Carol Coddington: "Elizabeth, we want to offer you the position of English and Media Studies teacher here at Saint Dominic's Catholic College, starting on 1 January 2007".  That is how I became the English and Media Studies teacher at Saint Dominic's College from 2007 to 2022. However, this is about my first year here, at this school and this is my story.

Ek is omtrent twee weke voor die skool jaar begin al besig by my nuwe skool. Ek kry n plek om te werk in my af periodes, in die hoek by die venster, in die onderwysers se werkkamer in die P block.  Hier sit nog vyf ander onderwysers en werk, in af periodes.  Die opsigter bring n groot wit boekrak vir my en ek skuif dit tussen my en die ander onderwyser in sodat ek rustig in die hoek kan sit en werk sonder om geselsies te maak. 

So n week voor die skool begin, werk ek een oggend in my nuwe klas en daardie oggend ontmoet ek toe die nuwe Hoof van die Engelse Departement. Sy nooi my om saam met haar te gaan koffie drink. Ek wil betaal vir die koffie en tot my groot vernedering het my kaart nie genoeg geld op nie, en moet sy vir die koffie betaal.  Nie n goeie begin nie, en dit word al erger!

My eerste kwartaal is n totale nagmerrie.  Teen week vier is die verteenwoordiger van die Onderwysers Unie en ek in die prinsipaal se kantoor oor die Hoof van die Engelse Departement.  Teen week ses kry ek en nog n ander eerste jaar onderwyseres in die Engelse Departement verlof van die prinsipaal, Carol Coddington, om nooit alleen in die teenwoordigheid van die Hoof van die Engelse Departement te wees nie.  So worstel ek dag vir dag deur die jaar.  Daar is dae dat ek nie weet hoe ek my voete uit my motor gaan uitkry nie.  Dae dat ek voel my kop is een mistige reenwoud.  Ek leef in konstante trauma.  Van oomblik tot oomblik bid ek "Jesus Christus seun van God wees my arme sondaar genadig".  Aand vir aand sit ek voor my rekenaar en ek vra vir voorbidding by elke voorbiddingsplek wat ek sien.  Here help my, Here help my, Here help my, smeek ek in gebed.  As ek nie werk nie, sal ons nie hier kan lewe nie.  Uiteindelik, kom ek by suster Maria uit by die Carmel Monastery in Auckland.  Sy bid vir my.  Sy bid vir my - vir twintig jaar! 

Dit was nooit maklik nie. Dit het beter geword met die jare soos wat ek begin leer het hoe die skool, die kinders en die gemeenskap werk, maar tot die laasste dag was dit n nou, moeilike paadjie om te loop. Ek kan eerlik se dat dit net gebed was wat my staande gehou het oor hierdie lang donker pad!  "The light shines in the darkness and the darkness has never been able to extinguish the light". VERITAS    





Comments

Popular Posts