 |
College of Education University of Auckland
|
 |
Dr Ngaire Hoben
Op die 5e Desember 2005 kom Gracie en ek in New Zealand aan vir die tweede keer. Gracie en ek is terug Suid Afrika toe om alles op te pak, die voertuie te verkoop, Gracie maak haar Hoerskool loopbaan klaar en ek maak klaar as Engelse Onderwyseres by Valencia Combined School.
Tot groot onsteltenis vind ek in die begin van die nuwe jaar uit dat ek nie kan registreer as n onderwyser in New Zealand nie en dat ek n onderwys kwalifikasie sal moet verwerf on te kan registreer as ondersyser. Ek doen aansoek by Masey Universiteit en stuur n email na die Universiteit van Auckland toe met n navraag. Terwyl ek met die persoon wat inskrywings hanteer by Masey Universiteit praat, lui my foon. Dit is Dr Ngaire Hoben van die Universiteit van Auckland. Sy se vir my dat dit die laasste dag vir inskrywings is vir die Graduate Diploma in Teaching Secondary, en dat ek daardie selfde dag nog moet inskryf, anders sal ek n jaar moet wag. So gebeur dit toe dat Stanley en ek daardieselfde middag omtrent twee uur die middag deur jaag na die Epsom kampus toe waar ek inskryf vir die diplama kursus in sekondere onderwys. n Paar dae later hoor ek dat my aansoek goed gekeur is. Na n onderhoud besluit ek dat my onderwys vakke Engels en Media Studies sal wees.
Ek begin op 2 Maart 2006 met die jaar kursus. Ek moet alleen ry daardie oggend. Stanley ry al vyf uur werk toe en my klasse begin nege uur die oggend. Ons het so n tweede handse rooi Datsun karretjie gekoop by ons landlady. Daardie oggend toe ek ongedeerd by die Epsom kampus aankom, bel ek vir Stanley en se ewe kordaat: "Ek het dit gemaak". Dat ek dit gemaak het is nie sommer n klein dingetjie nie. Dit is omtrent twintig kilometer op n besige hoofweg met baie op en afritte en druk verkeer en vir my wat aan Nelspruit verkeer gewoond was - was dit n groot oorwinning!
Teen tien uur daardie oggend sit ek in die studente kamers op Epsom en ek huil snot en trane. Ek is 55 jaar oud. Ek praat Afrikaans en nou moet ek hierdie ding doen. Gelukkig ontferm die studente raadgewer haar oor my en praat my weer moed in. Ek weet net ek moet werk, want as ek nie werk nie sal ons nie kan eet nie. Dit is net te duur om in Auckland te lewe, sonder n tweede inkomste.
Dr Ngaire Hoben het n groot rol gespeel in my lewe, daardie jaar. Sy word my Engelse lektor en ook my Media Studies lektor. Ek moet op n Dinsdag en op n Vrydag klas loop by die kampus in die stad. My Engelse klasse begin 9 uur en eindig 1 uur. Dan loop ek af met die gang op die derde vloer van die Arts afdeling en dan het ek weer by haar my Media Studies klas van twee uur tot vyf uur op n Dinsdag en Vrydag. Ek leer baie. Die New Zealandse curriculum vir Engels in die sekondere skole is gebasseer op letterkunde en film. Ek leer van Static Images en film en opstel skryf vir punte. Die hele eksamen stelsel is anders en dit werk op n NCEA stelsel met krediete en hierdie opstel skryf vir eksamen punte word net gemerk as Not achieved, Achieved, Merit or Excellence. Dit verg groot insig op te weet in watter katergorie so n opstel val en dit is n lang moeilike leerkurwe vir my.
My Media Studies werk is ook vernuf en kennis waaraan ek glad nie gewoond is nie. Ons moet n film maak in n span en my groep besluit om n dokumenter te maak oor "Grafitti". Ek organiseer die onderhoude met die munisipale persoon wat werk met die Graffitti wat uitgewerf is en ook met die Harcourt persoon wat verantwoordelik is vir die uitverf van die Grafitti. Dit is n lang, proses van onderhoude, film werk, editing tot n finale film wat ons kon ingee vir punte.
Ek het twee proeftydperke. My eerste proeftydperk is by Orewa College. Hierdie skool is so vyftien of twintig kilometers noord van Torbay. Dit is n groot skool. Baie vreemd. Ek vind die mense so vreemd en selfs "nasty". Teen week twee is ek weer snot en trane aan die huil in die personeelkamer. Die vrou by die fotostaatmasjien is n monster en ek kan nog op hierdie stadium nie nastiness hanteer nie. Ek word later n Pro, maar toe weet ek nog nie van dit nie. Terug by Epsom sit ons almal in die klas vir feedback. Ngaire se: " the feedback from Orewa College about you Elizabeth says that they have never seen a fifty year old women crying at school". Ek dink by myself ja dit is seker snaaks maar nie een van hulle het nog sy land verlaat om in n vreemde land n nuwe begin te gaan maak in n ander taal nie.
My tweede proeftydperk is beter. Sommer baie, baie beter. Ek doen my tweede proeftydperk by Liston College in Wes-Auckland. Dit is n seunsskool ... n Katolieke seunskool van omtrent eenduisend seuns. |
Tony Worth is die Hoof van Engels en sommer gou ontferm hy hom oor my. Hy gee my raad, hy gee my resources, hy maak moeite vir my. Sommer gou voel ek tuis en op my gemak. Ek werk op my beste as mense goed is vir my. As mensexeerlik, oop en opreg is. Ek kan eenvoudig nie werk in n plek vol negatiwiteit nie. Tony word my woordvoerder en my aanmoediger. Hy se kort kort: " We are going to make sure that you get a teaching post in a good Catholic Girl's school". Twintig jaar later tree ek af by St Dominic's Catholic College - die suster skool, met een duisend dogters, net reg op met die pad, deur die alleyway!
Comments
Post a Comment
COMMENTS