TSHIPISE TOE VIR N VAKANSIE

 



My ma se sussie tant Jean en haar man oom Gert Hanekom met hulle ses kinders het op Middelburg in npolisie woonstel gebly. As tant Jean en oom Gert op die plaas kom kuier het, met al die kinders dan het ons laat, laat aand eers ge-eet want die twee sussie het so gepraat,dat daar van kos maak nie veel sprake was nie. My ma en tant Jean was soort van aanmekaar geheg in die nekke.  Hulle het so gepraat, so gesels dat die nek are in hulle nekke sommer soos macaroni uitgebult het.  Joe! hulle kon kuier. 

Oom Gert was n polisieman.  Hy het sy lewe omgesoek na Braam Fisher, die Suid Afrikaanse kommunis.  Braam Fisher het oral weggekruip,  dan was hy in Sekekeuneland, dan in die bosse rondom Dullstroom, dan was hy op Park, ons bosveldplaas, en dan het oom Gert sommer vir die lekker ook n bietjie op Park gebly net om vir Braam Fisher te soek. Oom Gert was in die geheime diens.  Hy was n "secret agent"  Hy het die fancieste metalic blue Ford Fairlane gehad waarmee hy die hele oos Transvaal en wie weet waar nog platgery het, op soek na die blerrie kommunis - Braam Fisher. 

As oom Gert en tant Jean en hulle ses kinders op "Witpoort" kom kuier het was dit sports ... groot sports.  So besluit die groot mense toe dat ons almal op Tsipise moet gaan vakansie hou.  Oom Gert en tant Jean het nie n kar gehad nie en die plan is toe gou een laat aand saamgevleg tussen beskuit en biltong om die plan in werking te stel.  Ons gaan saam op vakansie met die groot Gontsier ... en ons gaan Tsipise toe!


Die Gontsier was ons groot lorrie waarmee my pa die lemoene en nartjies van die bosveld af uitgery het, om te verkoop.  Dit was n bul van n lorrie met n groot oop plat bak, en n hout raam.  Tant Jean en my ma gaan voor in sit by my pa wat die Gontsier ken en sy "tricks" verstaaan.  Oom Gert en al tien van kinders gaan agter op die bak op n matras slaap.  My pa het n mooi tentjie gemaak bo-oor die matras sodat ons lekker snoesig kon slaap, want ons gaan in die nag wegtrek van die plaas af en sou die grootste gedeelte van die lang pad Tsipise toe - kon slaap.  

Weke voor die tyd het my ma gebak.  Sakke vol boerbeskuit en klein koekies het soos soldate teen die spens se muur gestaan.  My pa het n bees en n vark geslag vir die okkasie en die wors, droe wors en biltong makery het dae en dae aanmekaar aangehou.  Daar is koffie gebrand, mieliemeel gemaal en lemoene en nartjies gelaai, want my ma en pa koop niks in n winkel nie.  Nee, hulle maak alles self!

Nouja, toe breek die groot dag uiteindelik aan.  Hoe hulle by ons op die plaas gekom het weet ek nie, want oom Gert en tant Jean het nie n kar gehad nie, maar een aand toe is almal daar om die kombuis tafel.  "Julle moet vroeg gaan slaap" se my pa "want more oggend ry ons baie, baie vroeg".

So tussen die slaap en die donker nag voel ek my pa se hand op my kop en ek hoor sy stem wat se: "Opstaan, opstaan Ellatjie ... ons gaan nou ry" en daar kruip ek toe onder die vere matras in op die bak van die Gontsier tussen al my niggies en my nefie met my sussies. Weet jy hoe lyk n blikkie sardientjies as jy dit oopmaak? Sardientjies ... al tien in n ry met oom Gert op die punt.  As hy se: "Draai om" dan draai die hele spul om. 

Erens toe die son wil sak kom ons op Tsipise aan. Ons het twee groot tente.  Een tent vir oom Gert en tant Jean met hulle ses kinders en een tent vir ons, my ma, pa en sussies.  My jongsste sussie is a baba en skreeu non-stop. Sy hou niks van kamp nie.  My arme ma bly net sus. Genadiglik kry elkeen van ons sy eie pakkie "tickets" vir die swembad en kan gaan swem soos ons wil. "As dit op is - is dit op" se my pa.  Tsipise is n warm waterbron en die swembad is heerlik warm.  As n mens wil kan jy in n kleiner baie warm bad swem.  My ma en tant Jean swem soms hier ... want hulle het seer arms van kosmaak vir n hele peleton. 

Die kamp is prop vol mense.  Almal lag en gesles.  Vreemde mense bly nie lank vreemd nie en sommer gou leen mens oor en weer suiker of sout.  Reg voor ons tent slaan n klomp jong mense hulle tent op en elke aand maak hulle musiek.  Dit rittel en rock voor hierdie tent.  Almal dans en die stof maak wolke van geluk. 

Waar ek nou hier sit by die seuns in n Design klas hoor ek daai stofwolk van pure - pure geluk! My voete tap en my lyfie draai want in my gedagte is ek daar in die tent by my ma en by my pa! 


 



Die reuse Kremetartbome daar naby Tssipise





Comments

Popular Posts