STANLEY GAAN STUDEER

 

CAPE PENINSULA UNIVERSITY OF TECHNOLOGY


Op die 5de Januarie 1985 bel Stanley en ek my ma van die middestad van Bloemfontein af om haar geluk te wens met haar verjaarsdag.  Ons is op pad Kaap toe want Stanley - Stanley gaan studeer.


Ons bly die naweek in Fichardtpark,n voorstad van Bloemfontein by Petro en Japie.  Klein Japie en Handie is klein babatjies. Ons bly in een van die huise wat Japie gebou het.  Ons gaan kuier die Sondag, by Naleen, my niggie, en tant Lettie, my ma se sussie, wat op Petrusburg bly.  Naleen se man het n meubelfabriek op Petrusburg.

Die Maandag is ons daar weg en ry tot in Mosselbaai waar ons in n karavaanpark slaap.   Op George het Stanley na die remme van die Kombi laat kyk want dit het n vreeslike geraas gemaak toe ons oor die berge kom, by George.  Gelukkig kon ons n garage kry wat dadelik daaraan kon werk en ales kon reg maak, sodat ons verder kon ry.

Die karavaanpark op Mosselbaai was reg op die strand en die volgende more toe ons opstaan het ek die klein gassilindertjie oopgedraai om koffie te maak en toe kon ek nie weer die gas toe gedraai kry nie.  Daar hol ek toe soos n mal hoender van een staanplek na die ander staanplek en probeer iemand kry om die ding toe te draai.  Genadiglik het iemand dit toe gemanage en kon ons koffie drink. Dit was scary ... ek het al gesien hoe blaas die hele kampterrein op met my en al!

Die volgende dag het ons toe die lang pad Kaapstad toe aangepak.  So teen twaalf uur kom ons oor Louriespas.  Stanley se: "Kyk daar le Kaapstad voor ons". Ek wil niks weet nie. Ek wil nie eers kyk nie.  Hoe weird is ek.  Ons kom so teen een uur die middag in Kaapstad aan.  Ek onthou die berg en die bokke wat teen die berg gewei het.  Ek het al baie fotos gesien van Tafelberg maar ek het nooit - ooit geweet die berg is so n presence in Kaapstad nie en dat die berg so reusagtig is nie!

Ons eet middagete in die Tuine in die middestad en ry dan om die berg tot in Muizenberg.  Hier staan ons weer in n karavaanpark.  Elke keer as ons kamp, kom die blou yskassie uit en as ons moet slaap of erens heen ry glip die blou yskassie weer terug in die kombi.  Ons kry so n snaakse lang eenslaapkamer woonstelletjie by Mevrou Romm in Muizenberg.  Sy is n Joodse weduwee en verduidelik op n dag vir my alles van n Kosher kombuis.  Ek le versteen onder die komberse in die agterste kamertjie van ons plekkie by Mevrou Romm, as Stanley klas loop in die dag.  Ek is te bang om te lewe.  Totaal versteen is ek.  

By Klipspruit Sendingstasie het ek geleer van weef werk en spin wiele en nou dat ek nie weet wat om met myself te doen nie, dink ek om te spin en te weef is dalk my toekomstige beroep.  Op n Saterdag besoek Stanley en ek n winkel wat spinwiele verkoop.  Daar hoor ek van Vera skool vir Autistiese kinders in Crawford en daardie selfde middag is daar n advertensie in die koerant vir n Huismoeder in die Senior koshuis van die skool.

So gebeur dit toe dat ek die Senior huismoeder word in die Vera Skool vir Autistiese kinders in Crawford op die Kaapse vlakte. Ek is een van twee huismoeders.  Guillome Olivier is n teologiese student op Stellenbosch, en hy is die ander huismoeder.  Stanley en ek trek in ons eie woonstelletjie in, in die senior koshuis.  Dit is n pragtige skoon een slaapkamer woonstelletjie aan die bo ent van die senior koshuis.  Ons is soooo happy want sonder hierdie werk en hierdie wonderlike plek om te bly sou Stanley nooit sy studies kon klaaarmaak nie. Ons het eenvoudig net nie genoeg geld gehad nie. Hoe kan ek getuig van die Here se hand in ons lewens.  Hoe die Here keer op keer voorsien het vir Stanley en vir my.  Hoe goed is die Here ... altyd en altyd goed!  

Comments