OU DINA

 

Voorstelling foto

Ou Dina het op Park, ons bosveldplaas gebly.  Haar stat was die eerste stat daar bokant die beeskraal.  Sy het by haar seun Augus en sy vrou gebly.  Haar stat was n netjiese gevestige stat met n stewig geboude muur buite om en n houthek.  Voor hierdie houthek het ons altyd gestaan as ons vir haar ietsie wou gaan gee of as ons ma wou eiers koop om koek mee te bak.  Dan het ons voor die hek gestaan en gese: " Koko" dan antwoord ou Dina van binne af in Sepedi en sy se dan: "Kagare"  dit beteken " Kom in".


Ou Dina was altyd heel eerste by die agterdeur van die plaashuis as die groot gontsier tot stil stand gekom het.  Sy het altyd haar beste klere aangetrek en haar beste kopdoek opgesit en haar gesig was so blink soos n spieel so skoon gewas en blink gesmeer met beesvet.  Haar ou geplooide gesig het gestraal van vreugde.

My ma was ou Dina se gunsteling.  As sy na die agterdeur toe gekom het om te kom groet en my ma kom uit met n stuk boerseeep word sy rasend van blydskap.  Sy dans die riel en sy gil en sy gooi haar hande in die lug en sy trippel in die rondte dat die stof so staan.  
Vir ou Dina was n steen boerseep n groter geskenk as n staaf goud.

  


Comments

Popular Posts