MOWBRAY HOSPITAAL

 


Stanley was n voltydse student in sy tweede jaar by die Peninsula Universitteit van Tegnologie.  Ons het nie n Mediesefonds gehad nie en dit is hoe ek toe n Staatspasient geword het.  Ek kon nie vir beter behandeling in n privaat hospitaal gevra het nie.  Mowbray Hospitaal was die beste, beste Hospitaal vir my in die lang maande van wag en ook met die geboorte van Grace.

Mowbray Kraamhospitaal 
is 'n gespesialiseerde openbare hospitaal in Kaapstad wat uitsluitlik op moeder- en pasgeborenesorg fokus. Dit is die grootste toegewyde kraamhospitaal in Suid-Afrika en dien as 'n belangrike verwysingsentrum vir die Kaapse Metro-Wes streek. Hiernatoe het ek elke ses weke gekom.  Ek is gereeld ondersoek en geweeg en daar was gereelde sonar ondersoeke van die groei van my baba.  Al moes ek soms in n lang tou sit en wag vir my beurt om die dokter te sien sou ek dit glad nie anders wou gehad het nie.  Ek het die beste, beste behandeling in hierdie hospitaal ontvang.

Ek het by die Vera skool vir Autistiese kinders gewerk en tot twee weke voor die geboorte van my baba het ek nog alles in die koshuis gedoen wat ek normaalweg moes doen.  Ek het twee groot dogters gebad en aangetrek in die more en in die aand, die kinders op uitstappies geneem see toe of met die trein tot in die stad en self al die algemene toesig van die senior koshuis gedoen. Met my laasste besoek, het die dokter my in die hospitaal opgeneem sodat ek kon rus.  Ek was n week lank in die hospitaal met totale bedrus, goeie kos en lekker slaap en daarna is ek toe weer terug koshuis toe.  Dit was soos n vakansie vir my en ek sal die hospitaal en die dokter ewig dankbaar bly! 

Mowbray Maternity Hospitaal in Kaapstad was Uitstekend!


Comments

Popular Posts