MIDDELBURG

 

Esther op Botshabelo

Esther kan ek se is letterlik wereld bekend vir haar unieke Ndebele verfwerk en sy het op Botshabelo Sendingstasie, so entjie uit Middelburg, gebly.  Ek het so n deeltydse werkie op Botshabelo gehad om artefakte te katalogeer.  Ek was mal oor Botshabelo.

Ons bly in n drie slaapkamer huis in Impala straat 21, regoor die Munisipale Sport Sentrum, waar Stanley werk.  Gracie het n klein rooi driewiel fietsie en sy jaag op en af met die rooi fietsie van die Garage deur af tot onder teen die groot plaas hek. Dit is groot sports vir haar om so teen die hek vas te jaag en hoe wilder dit gaan - hoe lekkerder is dit vir haar! 

Stanley, kan sommer oor die pad loop en gou huis toe kom of gou ietsie kom eet of drink.  Ons bure aan die linkerkant is goeie gewone mense.  Die tannie is vreeslik, vreeslik groot en sy beweeg swaar, maar sy kuier graag by ons bure aan die regterkant.  Hierdie regte kantse bure is ook gewone, werkende middelklas mense, soos ons, en die vrou bak en versier troukoeke. Dit is haar voltydse werk. 

Ons is in die N G Kerk Kanonkkop en Stanley is a diaken.  Hy moet saam met die dominee huisbesoek doen.  Ons gaan ook na die Afrika Evangelisasie Bond se byeenkomste toe op Samekoms en wil so graag he my ouers en my sussies moet dit ook ervaar.  Niemand van hulle woon dit ooit by nie.  Toe ons een keer besluit om ons tiende wat ons normaalweg vir die kerk gee, vir n sending egpaar in die Afrikaner Evangelisasie Bond te gee, spring die Dominee oor ons toegesluite hek om ons gou tereg te wys.  Hy het defnitief ons tiende nodig om nuwe squash skoene te koop vir n toer na Stellenbosch Universiteit toe.  

Gracie is so lief vir swem en sy is vreesloos.  Sy spandeer ure saam met Stanley in sy kantoor of in die swembad daar in die Sportkompleks.  Sy het n seuntjie maatjie daar wat saam met haar in die swembad baljaar en sy kan nie genoeg kry van die maatjie en van die swembad nie.  Vir haar kan dit nie wild genoeg gaan nie.  Stanley tel haar hoog in die lug op en dan gooi hy haar ver uit oor die water en dan lag sy te lekker want dis groot sports. Niks is ooit te wild of te vinnig of te veel pret vir haar klein liggampie in die rooi kostuumpie nie. "She did not want to miss a thing!"

Hier op Middelburg word Gracie vreeslik, vreeslik siek.  Sy word siek op Witpoort.  Sommer binne minute diarree en gooi op en sommer baie vinnig - baie erg. Toe ons haar uiteindelik in die hospitaal kry word sy onmiddelik opgeneem en op n drip gesit.  HAAR KLEIN LIGGAAMPIE LE KLEIN EN VERLATE IN DIE GROOT HOSPITAAL BED.  Ons bel my ma en pa op die plaas en vra vir gebed.  Later stap die dominee van die Afrikaanse Protestantse Kerk in en hy le sy hande op Gracie en bid vir haar. Ek sit verslae, stil en gedaan, dwars deur die lang nag daar langs Gracie se bed.  Die volgende oggend word n nuwe kind wakker.  Daar is geen teken oor van die lang donker dag en nag nie.  Die Here het weereens ingegryp.  Die Here is goed ... altyd en altyd goed! Prys die naam van die HERE!
 


  



Comments

Popular Posts