Daar is iets anders
Ons het altyd koshuisvergaderings gehou in die derde koshuis wat nog leeg was op daardie stadium. Meneer van Rooyen, die skolhoof en al die koshuis personeel het die vergadering bygewoon. Op een goeie dag in Maart sit ek in die vergadering en iets is net anders. My maag voel so snaaks en ek het so n anderste smaak in my mond. Ek weet nie ... so effens soet en so effens narerig soet.
Deur die hele vergadering daardie more dink ek aan niks anders nie. Ek dink net ek is miskien siek. Ek voel nie siek nie, maar na die vergadering maak ek n afspraak by die dokter.
Ek sit voor die dokter en ek vertel vir hom presies hoe ek voel. Ek vertel van die snaakse smaak in my mond, van my maag wat snaaks voel en van my effense naarheid. Hy kyk so snaaks na my. Ek dink o! gaats ... hy weet seker uit ondervinding wat dit beteken. Hy vra vir my om gou n toetsie in die klein kamertjie te doen en ek oorhandig die monstertjie plegtig.
n Paar sekondes later kom hy tevoorskyn agter die wit gordyne. Hy gaan sit ewe plegtig agter sy lessenaar. Hy vou sy hande op sy skoot. Hy kyk reguit in my oe en se:"Jy verwag n baba". Baie geluk!
|
Comments
Post a Comment
COMMENTS