DAG DERTIG TOT VYF-EN DERTIG

 DIE WOORDE KOM DIREK UIT OUMA BETTIE SE DAGBOEK


MAANDAG  6 OKTOBER 1958

DAG SES-EN-DERTIG

Koringlande in Kenya

Vandag is ons by Babsie hulle.  Ek het toe my klere weer reggemaak en Nollie sin.  Die weer is baie dik.  Hulle vrees nou vir baie reen, vir hulle koring - die is en word nou ryp.  Ons is toe na ete op Willie se kar en het toe na die lande gaan kyk of hulle roes het en of hulle al ryp is.  Daar het baie lande se koring wat gaan le het en die verwaarloos nou en dan is daar ander wat nou mooi ryp word en dan is daar ander wat roes het.

DAG AGT -EN-DERTIG
WOENSDAG 8 OKTOBER 1958

Byeenkoms by Broederstroom Sendingstasie. Sprekers Dominee Brits en Olivier en Eerwaarde Eybers - toe die optog na die Gedenksaal met perderuiters en ossewaens vooraan.  


Sendingstasies in Brits Oos Afrika



Between 1902 and 1914 about 1300 people moved from the Transvaal to East Africa. They mainly settled on the Uasin-Gishu Plateau in British East Africa – the later Kenia and at Arusha near Mount Meru German East Africa – the later Tanzania. Soon congregations were established; Meru at Arusha and Vergenoeg near Eldoret. By 1932 there was a need identified to start missionary work in Kenia. It was only in 1945 that the Rev Eybers was appointed as the first missionary.






5 uur
Vleisbraai by gedenksaal - die predikante het toe met hulle vrouens, die wat wou met die waens saamgery.  dit was waarlik n gessellige middag.  almal was so in n fees stemming. die predikante daar op die waens was so vol van sports.  

7 uur nm

Geselligheid in die gedenksaal.  Toesprake deur die oud leraars wat hulle ondervindings was, wat hulle in Oos Afrika deurgemaak het saam met die gemeente.  Dominee Dednam het die saal ook gehelp bou - een mooi groot saal.

Die Hervormde predikant en sy vrou was ook die aand met die geselligheid daar.  een van die Gereformeerde Oudelinge was ook daar.  Hy het die groete gebring van hulle gemeente en so het ons die aand baie geniet.  

Die vleisbraaiery - elkeen het n spit en dit braai wors en vleis en toebroodjies en koffie en tee is bedien deur die Kenia se vroue. Alles  was baie gaaf.  Ek het nie gedink dat hulle al so modern is nie.  

DAG NEGE-EN-DERTIG
DONDERDAG:  9 ste OKTOBER 1958

Het ons toe rustig by die huis gebly.  Ons het toe gese dat Willie en Babsie ons hier moet laat staan, want Babs hulle moes weer ingaan om hulle room weg te bring en weer vir die koor bymekaar te kom.  Ons het toe lekker hier gebly en die stilte geniet.  Later het Nollie en ek bietjie gaan rond stap op die werf.

DAG VEERTIG
VRYDAG: 10 OKTOBER 1958


Historiese voorstelling in gedenksaal aangebied deur die Kerk Jeugvereniging bygestaan deur Mnr. A Mouton en Mev. Davis en Mev. Lena Steyn.  

Babsie is besig om in te pak.  Hulle gaan more - dit is Vrydag uitkamp dan gaan ons weer na Gys en Bettie hulle toe as die Heer wil.






Comments

Popular Posts