OUNOOI ONS GOUDGEEL BOERBOEL
As die somerson op haar goudgeel hare val wikkel sy haar kort stomp stertjie van pure genot. As sy haar stertje wikkel dan gaan haar hele vet lyfie in overdrive en alles wikkel tegelyk. Sy wikkel en bewe en dans die riel.
As ons in die laat agtermiddag "cops en robbers" tussen die lemoenbome speel is sy die spoorsnyer. Ons begin altyd in die den. Die cop is altyd een van ons wat met ounooi agter n lemoen boom sit en dan moet die ander twee hol lat dit bars om n wegkruip plek te kry.
Ounooi ken die speletjie al uit haar kop. Sy beur so teen haar halsband dat die are in haar nek lyk soos macaroni tubes. Dan soos n pyl uit n boog vlieg sy daar weg as dit tyd is om die robbers te soek. Snuif, snuif vat sy die klein spoortjies in die sand. Sy wikkel haar lyfie en sy wikkel haar stertjie en sy volg dai spoor.
Met n groot oop bek en n blaf wat praat kom sy om die bome genaal soos n wafferse olimpiese atleet. Dan ewe skierlik sien sy die robbers onder die boom. Nou is sy n behoorlike, opregte polisiehond. Sy pak my beet, sommer so aan my skoen en ruk my rond en maak seker ek gaan rou neguit tronk toe.
Ounooi jou gesig en oop bek laat my lekker lag en loop op
ver paaie van herinnering, van kindwees en van een wees met hondeharte en lang somer dae in die goudgeel son!
Comments
Post a Comment
COMMENTS