N SWAMP CYPRES LEER VIR MY N LES


Daar is n dooie boompie in die voortuin. Die dooie boompie in ons voortuin irk my. Hy krap my as ek by die venster uitkyk. Ek sien nie die ou kraalogies wat kom vet eet nie. Ek sien die Tui met sy wit klokkie nie.  Ek sien net die dooie boompie.  "Kap hom uit ... en gooi hom weg!" se ek vir Stanley.  

Ons het ons nuwe huisie in Palmi gekoop met die dooie boompie in die voortuin.  Dit is n huisie so uit die Here se hand.  Ons het nooit ooit kon droom dat ons weer n huisie sou kon besit na ons huisie op Eketahuna nie.  Die Here is groot en die Here se genade is nog groter as sy goedheid.  Ons word toe die trotse eienaars van n nuwe huisie in Palmi met n dooie boompie in die voortuin.

Een maand, twee maande, drie maande ... deur die lang donker winter staan die dooie boompie en elke keer se ek vir Stanley:  "Kap hom af ... gooi die blerrie ding weg ... ek hou nie van n dooie blerrie boom in my voortuin nie.  Elke keer se Stanley: "  ek het aan sy stam gekrap en die stam is groen.  Gee die boompie net kans".

Op n dag dat ek weer so uitvaar teen die arme dooie boompie se Stanley vir my:  " Ek het opgelees oor die boompie en dit lyk my die boompie is a Swamp Sipres.  n Swamp Sipres gaan heeltemal dood in die winter of as hy swaar kry en dan stoot hy weer klein groen blaartjies uit as dit beter gaan met hom.  

Ek hou die dooie boompie dop.  Ek begin hom water gee.  Ek hou hom dop dag na dag hou ek die dooie boompie dop.  Toe gebeur dit.  Dit is n wonderwerk.  Die boompie begin groen puntjies uit stoot.  Die boompie begin lewe!

Skierlik onthou ek hoe dood ek was toe ek hier aangeland het in die vreemde land.  Vir amper vyf jaar of langer kon ek nie kleure sien nie.  Ek het alles in swart en wit gesien.  Ek kon nie regtig lank tye bid nie want ek was saens doodmoeg ... so moeg dat ek net Stanley se hand kon vashou as ons saam bid Onse Vader wat in die HEMEL IS.  aS EK IN DIE MORE VYFUUR OPSTAAN EN SES UUR SKOOL TOE RY BEGIN EK BID.  EK BID hail MARY FULL OF GRACE HAVE MERCY ON ME A SINNER, Maar van diep staan voor die HERE IS DAAR GEEN SPRAKE NIE WANT EK OORLEEF NET.  EK HET NET GENOEG KRAG OM ELKE DAG OP TE STAAN SKOOL TOE TE GAAN EN IN DIE AAND HALF SEWE BY DIE HUIS TE KOM.  EK IS N DOOIE BOOMPIE.  

Ek is so dood, so getraumatiseerd dat ek vir een volle dag my geheue verloor en daardie aand agt uur in die hospitaal opgeneem word.  Die spesialis se dit is "Transglobal amnesia".  Hy se fighter pilots kry dit dikwels want fighter pilots leef konstant op hulle senuwees en dan sny die brein net uit. Ek was in fighter pilot mode vandat my vliegtuigie hier in hierdie nuwe land geland het totdat ek in Desember 2014 totaal en al uitsny.  Ek was n dooie boompie, maar die Here was geduldig met my.  Die Here het my nooit uitgekap of afgekap nie.  Die Here het my n kans gegee, die HERE HET MY GEKOESTER, MY WATER GEGEE, MY DOP GEHOU. 

My lessie leer ek toe by die dooie boompie in ons voortuin.  Gee kans.  Wees geduldig.  Moenie mense oordeel aan hoe hulle uiterste lyk nie want jy wetie wat binnekant aangaan nie.  Wees geduldig.  Gee kans ... want Elmatjie die HERE WAS GEDULDIG MET JOU!

Comments

Popular Posts