PIKANIEN EN SARAH
Sarah en Pikanien was die hoeksteen van "Witpoort". Hulle het daar bo heel bo in die hoek agter die koppie gebly. Pikenien was my pa se skaapwagter. Hy kon tussen twee duisend skape presies vir my pa vertel hoe lyk die skaap wat missing is, wanneer hy die skaap die laaste keer gesien het en watter dag en uur hy die skaap laas gesien het. Hy was amazing. Dit was nie my pa en oupa se skape nie ... O! nee dit was sy skape.
Hulle stat was groot en mooi uitgele daar teen die koppie - dit was gebou op n beskutte plek en nie te ver van die water af nie sodat die vrouens nie te ver hoef te geloop het om water aan te dra nie. Pikenien en Sarah het vrugtebome aangeplant by hulle stat en niemand anders het dit gedoen nie, net hulle. Elke geelperske boom was afgewit met kalk sodat die miere nie die soet geelperskes kon bykom nie.
Pikanien het altyd met n kaal bolyf geloop en n knop kierie. Die knopkierie het hy gebruik om hase mee dood te gooi. Haas vleis was n groot lekkerte saam met mielie pap. Pikanien was vreeslik lief vir sorghum bier en Sarah was n meester brouer. Sy kon bier maak dat die skuim bolle so opgeslaan het as dit van kalbas tot kalbas oorgegooi word. Sy gunsteling ding was om op n Sondag middag, as hy nou lekker geklets was, na die huis toe te kom op Witpoort, en dan het hy op die grasperk gedans voor die huis en my pa se prys gesing en gedans. Pikenien was my pa se grootste aanhanger. Hy en my pa was soos n goedgevlegte sweep. Saam was hulle n gedugte span. Saam het hulle die vetse mooiste skape geteel, groot gemaak en verkoop.
Sarah, sy vrou, was so statig soos n koningin. Sy was die koninging van Witpoort. Sy het haar hele lewe lank tradisionele Sepedi rokke gedra. Groot wye blou sis rokke wat op n spesifieke patroon gemaak is en daarmee saam n groot blou sis kopdoek. Sy het nie geloop nie. Sy het gesweef.
Sarah was my ma se stryk hulp. Sy en , Liesie van John, was die stryk hulpe. Dinsdag was stryk dag en dan het hierdie twee vir die ganse dag gestaan en stryk in die groot plaaskombuis op "Witpoort". As ons van die bus afgeklim het in die middae was die hele kombuis toe van die gestrykte klere,lakens en kussingslope. Dit was ons werk om alles weg te pak as hulle klaar gestryk het.
Sarah was ook die lewensredder stryker as iets vinnig gedoen moes word, soos om Elmatjie se klere te was en te stryk as sy begin skool hou in Johannesburg. Sarah was ook die hoof perske skiller as my ma geel perskes droog in Desember. Sy het haar eie bome se perskes ook gedroog en sy het haar geelperskes in netjiese pakkies opgemaak en plegtig vir my ma gebring om te verkoop. Sarah was een uit n duisend. Al haar en dogters was wonderlik mense en Martha, Sarahtjie, klein Saartjie en al die ander wie se name ek nie meer kan onthou nie was wonderlik!
Ek is so oneindig dankbaar dat ek deel was van Pikenien en Sarah se lewe en hulle van my lewe. Ek is dankbaar vir mieliepap wat ek saam met hulle kon eet, vir Sarah se droe perskes en dat ek daar was toe Wangies en Mina getrou het. Pikanien en Sarah my kultuur ouers, my toeskouers en my grootword wegwysers! Ke a leboga Sarah Ke a leboga Pikanine!
Comments
Post a Comment
COMMENTS