PHILADELPHIA SENDING HOSPITAAL
| PHILADELPHIA SENDING HOSPITAAL |
Ek soek so bietjie op Google vir die geskiedenis van hierdie sendingstasie en kry hierdie skriffie in n navorsingstuk van die Universiteit van Pretoria:" Mission is an act of God, the Father, the Son and the Holy Spirit in the world. Through this act and through His Word and Spirit, He gathers unto Himself from all of mankind’s unique people. Through them He lets His Word be proclaimed to a fallen world. This act is God’s way of bringing forth a community of saints from all nations and creeds. With a view of extending the Kingdom of God, He also calls this community of holy saints to serve a world in need."
Dit is regtig wat hier geebeur het by hierdie sending hospitaal. Wereldklas dokters en spesialiste het hulle op hierdie sendingstasie gevestig met die uitsluitelike doel ... " to serve a world in need".
Oral op die gronde rondom die hospitaal het mense gesit in hospitaal klere. Party met verbande om hulle koppe, ander met gebreekte bene of arms, groot oop sere, en mammas met siek klein babatjies wat lusteloos heen en weer wieg op hul skote. Hier op hierdie plek was God aan die werk en jy hoef nie n slim mens of n groot mens te gewees het om dit te geweet het nie, want my eie kinder hart het dit gevoel en geweet die oomblik toe ek daar afklim.
My pa en ma het my mangels by die Philadelphia sending hospitaal laat uithaal. Ek is verewig dankbaar dat hulle dit gedoen het want ek as kind kon voel hoe dit voel om in n plek te wees waar die Heilige Gees van God deur sy Woord en deur sy Gees n groep unieke mense van oor die hele wereld bymekaar gebring het om sy koningkryk uit te brei en om mense se nood en leiding te verlig ... myne inkluis!
Comments
Post a Comment
COMMENTS