GROOT OOM FRANS

 


Oom Frans was n groot man.  Hy was lank ... baie lank. As hy op "Witpoort" kom kuier het moes hy buk om by die agterdeur in te kom. Eintlik moes hy by al die deure op Witpoort buk want hy was so lank.  

Oom Frans het in die tweede wereld oorlog geveg. Hy is gevange geneem en was in n konsentrasie kamp todat die Amerikaners teen die einde van die oorlog al die krysgevangenes vrygelaat het.  Sy ouers het op "Rugby" geboer met rooi Afrikaner beeste. Rugby was n beesplaas so twintig myl van "Alldays af in die verre Noord Transvaal. Na die oorlog het hy terug gekom ... terug na "Rugby" toe.  Hy was so maer dat sy ouers hom nie herken het toe hy by die voordeur inloop nie.  Hy was net vel en been.  My oupa het altyd vertel dat sy oe so weggesak was in sy kop dat n mens eintlike geskrik het as jy hom sien.

So in die warm son, die vars skoon lug van "Alldays"  en die gedroogde Springbok biltong het oom Frans weer homself geword.  Hy het weer sterk geword.  Hy het weer die beeste raak gesien en mettertyd ook ander goed begin raaksien.  Een van die dinge wat hy begin raak sien het was - tant Nellie, oom Hennie se dogter, wat ook terug huis toe gekom het om haar drie klein kindertjies groot te maak.  

My pa het altyd vertel as ons van "Viviers" af kom en ons so inry in Pietersburg in, dan wys hy so met sy regterhand na so n plasie wat so afdraande na die rivier toe loop en dan se hy:" Hier het tant Nellie so swaar gekry.  Daai vloeksteen van n Engelsman waarmee sy getroud was het haar hier op die lande laat werk soos n arbeider.  Sy het nie eers skoene gehad om aan te trek nie".

Een snik hete dag op Alldays het oom Frans haar raak gesien.  Dit was haar voete wat hy eerste lief gekry het.  Hy het altyd gese dat sy die skoonste voete gehad het - van al die vrouens op Alldays.  

Na die vreeslike swaar van die oorlog en die konsentrasie kamp was tant Nellie die beste medisyne vir oom Frans se groot, groot hart.  Sy hart was net so groot soos sy skoene.  Hy het n paar nommer 13 skoene gedra en tant Nellie was vir hom lief ... baie, baie lief!

 

Comments

Popular Posts