FRANK

 


Ons het baie perde gehad toe ek groot geword het daar op "Witpoort". Daar was wittes, gevlektes, bruines en skimmel perde maar die een wat ek die meeste kan onthou is Frank.  Frank was nie n spogperd nie, nie n skouperd nie ... nee net sommer n gewone plaas ryperd .. bruin perd.  

Frank het ons toegelaat om sy stert op te tel, agter sy bene te roskam, op sy bruin lyf te roskam en oor sy fluweel sagte neus te roskam.  Dit is nie elke perd wat dit sal toelaat nie.  Frank was nie moeilik om te vang nie, hy was nie moedswillig of ongepoets nie.  Frank was nederig en gewillig.  

Frank het altyd gestaan todat n mens mooi jou sit gesit het in die saal en dan het hy geduldig gewag vir jou om die woord te spreek voordat hy begin loop het.  Vir ons as plaaskinders wat nooit regtig perd ry lesse gehad het nie, was Frank die ideale kinderperd.  Frank was getrou en betroubaar.

Frank het ons toegelaat om hom te bad.  Met n emmer en n groot steen boerseep het ons hom seep gesmeer totdat die skuim sulke bolle so van sy ore af gehang het.  Ag siestog Frank het nooit n word geuiter nie ... net gestaan.   

Jare later vra ek eendag vir my een sussie wat van Frank geword het.  "O" se sy "Hy is nou a Russian sausage".

Comments

Popular Posts