DIE NG KERK VAN DIE VLAKTE
Die N.G. Kerk vand die vlakte, Landsdown Kaapstad, Republiek van Suid Afrika: Gracie is in hierdie kerk gedoop en Michael en Corinne se jongste dogter het haar ingebring.
So word Stanley en ek toe die nuwe Jeug Leiers van die N.G Gemeente van die Vlakte. Ek het net tot bekering gekom by Kwa siza Bantu en my hart brand vir die Here. Ons eerste uitstappie met die jongmense van die gemeente was na die skou toe. Die vorige Jeugleiers het vir ons die bank boekie gegee en ons dink toe dit is n goeie idee om van die geld in die bank te trek om vir die kinders wat nie vir hulleself kan betaal nie die ingangsfooi te betaal. Groot konsternasie ... almal is kwaad vir ons. Dit word net nie hier so gedoen nie! Ons leer baie vinnig!
Ek werk by die Vera skool vir Autistiese Kinders en Stanley studeer. Ons word sommer baie vinnig baie lief vir die kerk en al die mense in die kerk. Dominee Venter is n liewe, liewe mens. Hy is sag en rond en grys en oud. Hy is vreeslik lief vir eet en as ons n braaivleis hou by Vera Skool geniet hy die kos vreeslik baie, maar as sy vrou by is mag hy niks eet nie. So sad!
Almal in die gemeente is bang vir oom Dawid. Oom Dawid is die hoof ouderling. Om een of ander rede hou oom Dawid van Stanley en my. Ek gaan kuier op n slag by oom Dawid en sy vrou. Sy vrou het borskanker en erens tussen die tee en die koekies wys sy vir my die kanker gewas op haar bors. Dis verskriklik. Ek voel hoe kloof die seer van die groeisel en die pyn van oom Dawid en die tannie my in twee. Ag Here hoekom is dit so swaar?
As mens so aankom na oom Dawid en sy vrou se huis toe dan loop mens oor die groot oop vlakte tot by die stasie en net voor die stasie is hierdie pragtige ry huise met Kaapse fynbos tuine. In die winter as mens so deur die mis kom dink mens dit is n verskynsel. Dit is so mooi dat n mens letterlik nie jou oe kan glo nie. Hierdie mooiste mooi en die uiterste pyn sal my altyd bybly!
Comments
Post a Comment
COMMENTS