WINTERVAKANSIE EN N RIT OOR N PONT
Die Julie vakansie breek aan en ons gaan Kaap toe. Die eerste nag slaap ons in n hotel in Bloemfontein. Ewe skierlik in die middel an die nag word ek siek. Dit moet die gesondsheidstee wees wat ek die vorige aand by die Supermark gekoop het ... dink ek. Gelukkig oorleef ek die pynlike nag en vroeg die volgende more begin ons die lang tog Kaap toe!
Ons vleg deur die stil Vrystaatse dorpies soos Stytlerville, Wakkerstroom en dan Middelburg, Kaap. Laat die middag stop ons by die "Camdeboo cottages" in Graff-Reinet. Graaff-Reinet is so n mooi dorp. So n ou wereld gevoel met regte leivore deur die dorp wat herinner aan n ander stadiger tyd. elke huis het sulke houthortjies wat buite op die straat oopmaak en saens laat toegemaak word oor die vensters.
Na ontbyt die volgende oggend vat ons die langpad deur die Karroo aan. Die Karoo het sy eie bekoring en op Aberdeen moet ons wag vir iemand om die petrolpomp oop te sluit. Ek dink almal vat n middagslapie in hierdie stil Karoodorpie, want niemand roer hier voor op die dot een uur nie. Die tyd het letterlik hier kom stil staan.
Ons gaan verby Barrydale en ry deur plate geel lande waar die boere almal Cannola olieblomme plant. Laat aand kom ons op Waenhuiskrans aan. Dit is n ouwereldse vissersdorpie. Ons oornag huisie is so n opgeknapte vissershuisie. Alles is baie mooi en baie oulik maar die dorpie is so half koud en onwelkom.
Die volgende more druk ons deur na Hermanus toe. Ons het n erf hier gekoop op "De Kelders". Ons stop in die straat voor die erf - klim uit en "imagine" ons eendag huis op hierdie kaal stukkie aarde.
Daardie aand kom ons laat by "Plumbago Cottage" aan. Dit is ons heerlike "blyhuisie" vir ons vakansie. Alles in hierdie huise is skoon en mooi en lieflik. Keano is by ons en Gracie en Benjamin geniet dit gate uit. In en uit deur die plasse water op die strand harloop die drie en dit is n heerlikheid om te sien hoe ons almal net sorgeloos lag en gesels.
Ons eet kleinbordjie groot bruin muffins in die more en drink stomende warm tee.
Ek ontdek hier in Simonstad n Katolieke boekwinkel en koop die African Catholic Bible wat my op n heel nuwe pad stuur. Ek sit in die klein Katolieke kerkie Saint simon and Saint Jude in Simonstad en bid oor die beelde in die kerk. In my hart word ek oortuig daarvan dat die beelde soos fotos is van ons geliefdes. Meteens verstaan ek dat ek op n pad is vanwaar ek nie weer sal omdraai nie. Dat dit die pad vorentoe is. n Pad van geloof in God deur die kerk. die Katolieke kerk.
Dan na n wonderlike week of twee in hierdie wonderlike plek vat ons weer die lang pad aan huis toe. Ons besluit om die gedeelte al langs die Bree rivier te verken en om sodoende die pad huis toe interessanter te maak. Laat die middag kom ons by die pond oor die Bree rivier aan. Ben en Gracie is gaande oor hierdie nuwe manier om riviere oor te steek. dood moeg gery slaap ons rustig en veilig in die hotel aan die ander kant van die rivier.
Die volgende more is n lang, lang trek tot by die Hendrik Verwoerd dam. Benjamin word siek van die take away hamburgers in die nag en miskien ook van die lang ry. Almal is moeg gery op hierdie stadium.
Die pad terug huis toe is altyd lank. Lank en hartseer want niemand wil ooit he die vakansie moet ophou nie!

Comments
Post a Comment
COMMENTS