NELSPRUIT EN N HUISIE OP MATAFFIN

 



Stanley, kry  n pos by die stadsraad van Nelspruit.  Hy, begin by die stadsraad op die 1 ste September 1994. Ons - ek, Gracie en Ben - bly eers agter in Kempton Park. Benjamin is klein - vier jaar oud en Gracie is in Graad een in die Impala Laerskool in Kempton Park.  Benjamin is by n vrou wat kinders op pas in die dag, so entjie van ons huis af. Ek werk by die Kempton Parkse Munisipale Swembad en ek werk as Swembad Opsigter.

Ek het begin werk by die swembad, as n swembad assistent en my werk was om by die super tube te sit in n klein kamertjie en die kaartjies te ontvang soos die mense verby kom om by die Super tube af te gly.  Toe n pos oop gaan om te werk as Swembad opsigter leer ek om te swem en neem die eksamen af in Pretoria. Ek kry die Lewensredder diploma.  So kon ek aangestel word, as Swembad superintendent. Die negatiwiteit van die ander vrouens wat by die swembad gewerk het - was iets om te ervaar!  Ek koop n rooi Volkswagen Beetle.  Stanley het n splinternuwe Honda Ballade as werksmotor. So kom dit toe dat ons trek. Die rooi Volkswagen Beetle en die wit Honda Ballade - seil op en af deur die draaie van Schoemanskloof, op pad na ons nuwe tuiste - Nelspruit.  

Ons trek in by Nelpark woonstelle. Meeste van die mense wat by die stadsraad werk - bly hier in n woonstel. Ons kry n groot dubbelverdieping woonstel met n klein tuintjie voor en agter.  In die oggend kom drink die tarentale water in die uitgeholde klip, wat ek van die plaas af saamgebring het.  Ek laat matte in sit vir die kinders - n pragtige sagte pienk mat in Gracie se kamer en n groen mat in Benjamin se kamer. 

Stanley is nou Hoof van Parke van die Nelspruitse Stadsraad.  Daar is sewe ander hoofde van Departemente.

Ons kry n wonderlike geleentheid om teen die middel van die volgende jaar in n klein cottage in te trek op Mataffin. Mataffin is die grootste sitrus plaas in Afrika.  Die plaas behoort aan H.L. Hall en dit is n baie geskiedkundige plaas.  

Hier bly ons vanaf 1997 totdat ons na New Zealand toe immigreer in 2005. Weereens begin ons n nuwe lewe en maak n nuwe begin!

Comments

Popular Posts