MANGELS EN MEER MANGELS

 



Ons besluit om Gracie se mangels op Middelburg by die hospitaal te laat uithaal.  Tenminste ken ons die dokter en ons vertrou hom. Ons was sy pasiente in Middelburg. Ons het in Middelburg gewoon en gewerk vir amper drie jaar. Witpoort, ons familieplaas, is net vyftig myl van die dorp af en ons lief kind kan na die operasie by ouma en oupa op die plaas verder gesond word, besluit ons.  Dis n goeie plan dink ons.

Die operasie loop goed af.  Ons bly in Oupa en ouma se huisie, maar is salig onbewus van die trauma wat voorle!

In die donker van die nag word Gracie siek. Sy huil saggies.  n Doodse angs kom hang hier om ons.  Gracie is siek.  Baie, baie siek! Met die eerste more lig vra ek mooi "seblief" dat my sussie ons hospitaal toe vat.  Gracie is siek.  Baie, baie siek. 

Something is missing ... always, always missing. Al die pad van die plaas af tot by die hospitaal, ... leegheid en koudheid.  Nie een woord om te vertroos nie.  Nie een woord om te bemoedig nie.    

Die groot boek - praat van n klok wat lui met n kraak in! 

My kind word gesond.  My kind gaan huis toe.  

Ek hou my hart met altwee hande vas want ek voel die pyn van verwerping EN DIS SO SEER!  Ek het nie n antwoord nie ... nooit gehad nie... sal nooit ooit he nie, net maar more weer probeer!

Comments

Popular Posts