DIE STORIE MET DIE CITROEN EN SY MAATS

 


Toe op n dag kom die blou Citroen op my pad. So  lang, slap, blou Citroen wat so plat op die grond le en dan met so n sis geluid soos n groot slang stadig regop kom.  My ouma Ras het gedink dis eenvoudig wonderlik en sy het gelag, gegiggel en getril oor die snaakse ding.
 
Ek was tot my siel in skaam vir die ding en toe die voorwiel eendag uitval ... BAD, BADDER en SAD! Sommer so in die ry wou ek vir ewig onder die dashboard bly, maar ek kon nie.  Ek moes saam met die ou van die kar se wiel na die mense toe wat ons gehelp het - om dankie te se dat hulle ons gehelp het toe die wiel die veld in gerol het!

Daar was sommer n hele ry sulke skrap karretjies en met elke skrapyard JOB  word ek skamer en skamer. Daar was die grys Morris, die wit Peugeot, die blou Volkswagen stasiewa en ek is seker daar was meer wat ek nie kan onthou nie, maar almal was BAD ... bad karma!

My pa se motors was nooit oud en scrappy nie.  My pa se kar se wiel het nooit uitgeval langs die grootpad en die veld ingerol nie.  Arme plaaskind ek ... hoe het my wereld nie verander nie!.  

Comments

Popular Posts