ARDEN RESIDENSIE

 


DIT IS 1973 en ek het besluit skoolhou is nie vir my nie.  My Pa het vir my werk gekry by Santam Versekeringsmaatskappy in Kerkstraat, Pretoria.  

Ek deel n kamer met n meisie in die Arden Residensie. Ek het n groot kamer wat ek deel met n ander meisie. 

Na so n paar maande trek ek uit die hoofgebou en trek in my eie kamer in verder af met Hammilton straat.  Dit is absoluut wonderlik om my eie kamer te he.  Ek koop n donker langhaar mat en n platespeler met twee groot luidsprekers.  Hier op die donkerbruin langhaar mat ontdek ek klassieke musiek.  In n wonderwereld van my eie sweef ek op die "Trout quantet" en raak aan die slaap met "Eine kleine Nachtmusik".

Een donker nag word ek wakker van rugtrillende gille en n moordende geskreeu, geveg. Doodsbeangs en vasgevang in angs le ek stofstyf en roerloos in my bed.  Dit blyk later dat die swartvrou wat in die geboutjie woon in die nag aangeval is.  Hier bly ek nie langer nie ... dink ek by myself en vroeg die volgende oggend trek ek heel voor in die huis in n ander kamer in.  Hier voel ek veilig.

Ek stap werk toe.  Ek werk in die middestad en sit in die voorportaal.  Ek is n kassiere.  Ek moet die boeke balanseer aan die einde van elke dag van al die geld wat van al die takke af in kom.  Uiteindelik, word ek die hoof kassiere en teen die einde van die jaar doen ek dieselfde werk toe ons Windhoek toe trek.  


Comments

Popular Posts