N GOEIE STUDENT

 



Ek was n goeie student.  Ek het nagte deurgewerk aan my naaldwerk projekte, my take, my onderwys plakate en my kookkuns projekte.

Ek onthou hoe ek soms een uur in die oggend terug gekom het by die koshuis van die Huishoudkunde Departement af by die Tegniese Kollege, waar ek voorberreiding gedoen het vir n kookkuns eksamen.  

Ek was nie goed in naaldwerk nie en het feitlik nooit n naaldwerk eksamen geslaag nie.  Soms droom ek nog ek is ver agter met iets wat ek moet ingee.

Ek was uitstaande met Kookkuns en ek dink ek weet hoekom.  Ek dink dit is omdat my organisasie vermoe so goed is.  Ek onthou ek het twee of drie keer 'Suurdeeg" as eksamen topic getrek.  Al die studente was broekskyt bang vir die taak.  Vir my was dit ssoooo n groot uitdaging en elke keer was dit n triomf tog!

Ek onthou ek het n poster gekoop by die "Poster Cave' in Pretoria van n non met n groot wit hoed wat so omkrul op die punte wat n mandjie vars gebakte brood in haar arms vashou.  Ek het die poster agter my uitstal tafel teen die muur geplak.  Dit was stunning!  Op my uitstal tafel het ek n tafeldoek gehad met koring are op n wit agtergrond en ek het pers Irisse gekoop met wit rose en dit in n pot op my tafel gesit tussen my wonderlike suurdeeg gebak van vars broodrolletjies, Hongaarse koffiekoek, Sweedse teering en Savarin.  Keer op keer was dit in die kol en die dosente het ge oe en ge AH!

Tot groot verbasing word ek die beste Huishoudkunde student van my jaar met die diploma plegtigheid in die stadsaal van Pretoria.  Ek deel die skild vir die beste Huishoudkunde student in Suid Afrika met sister Irene ... n Loretto non wat van die eerste jaar af saam met my in die klas was.  

Wat n wonderwerk!





Comments

Popular Posts