N BUS TE VER
Ons skoolbus Die skoolbus het so aan die bokant van ons plaashuis verby geloop. Die buurman aan ons regterkant het die bus bestuur. Hy was n harde man met n blas gelaat. |
My pa en ma was altyd verstom hoe hulle kon koop. " n Hele kaas" het my ma gese. "Waar het jy in jou lewe gesien n mens koop n hele kaas? ... en n hele pak Vienna sausages. Hoe verskriklik is dit. Gin wonder die balju is agter hulle aan nie". Tot my pa Vienna sausages by tant Nartjie gesien het, het hy nooit eers geweet daar is Vienna sausages in die wereld nie. Toe my pa die eerste keer Vienna sausages by tant Nartjie aan tafel sien vra hy: " Wat is dit Nartjie?" "Dis Vienna sausetjies" se sy. "Wat is Vienna sausetjies" vra my pa. "Dis kak", se sy.
Nou weet jy klaar hoe ons bure was ... ons bure wat die skoolbus gehad het. n Bietjie skelm, n bietjie grof en baie spandabelrig in n tyd toe almal godvresend, gemanierd en getrou was ... met geld veral!
Die oom was in my kinder oe die vergestaltenis van die Satan self. Ek het altyd in die bus ingeklim met walging in my kinderhart vir hierdie oom met die pap baber mond. Ek dink hy het dit geweet want waar ek ookal gesit het in die bus, het hy my dopgehou in die spieeltjie, bo sy kop.
Daar was n ander Elma ook op die bus. Hierdie Elma het so n slap armpie en beentjie gehad. Sy was effens stadiger.
Die oom bus bestuurder, het altyd skoor gesoek met die kinders. Om net vir jou n idee te gee van sy gemeenheid, sal hy byvoorbeeld jaag met die skoolbus, dan slaan hy die remme aan net voor die stop en omdat die kinders intussen opgestaan het om af te klim, vlieg al wat leef en beef dan vas voor teen die voorruit. Hoe gemeen is dit nie?
Een dag is dit toe weer sulke tyd en dar gryp die nare man vir arme Elma, trek haar oor sy skoot en slaat haar boude vuurwarm rooi. Toe is ek smoor kwaad! In my kinder hart ken ek onreg as ek onreg sien en ek vertel net daar en dan vir die oom dat hy n lelike, aaklige, ongepoetste man is!
Op n ander dag weer jaag hy net voor tant Annie Rooifaan se huis met die bult af, en daar, doer, ver, voor sien ons almal die trop bokke in die pad. Moenie glo hy ry stadiger nie. Nee! hy ... hy gee vet!. Toe die stof gaan le, le daar n wit boerbok in die pad, agter die bus ... bebloed, vermink, gekneus! "Hy stop nie eers nie" dink ek in my kinder kop.
Van toe af is dit oorlog. Oorlog tussen die bus oom en ek, want ek ken wreedheid as ek dit sien. Ek kon hom nie meer more se of totsien se aan die einde van die dag nie. In my kinder oe was hy dit nie werd nie.
Dit word al erger en erger. Hy hou my dop in die spieeltjie bokant sy kop en ek sien sy wreede oe in die nagte as ek nie kan slaap nie. Hy laat my voor by die deur van die bus sit en as ek uiteindelik by die huis afklim slaan ek die bus se deur boosaardig toe!
Die volgende more laat hy my by die deur sit en vir almal wat op klim moet ek vertel dat ek die slot van die deur gebreek het. Dat ek die deur so hard toegeslaan het dat die slot afgeval het!
Baie jare later het my ma vir my vertel dat hy gese het dat dit vir hom so vreeslik mooi is as ek so kwaad word. Wat se soort mens doen dit?
Comments
Post a Comment
COMMENTS