DAG SESTIEN TOT TWINTIG: OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE REIS
OUMA BETTIE SE EIE WOORDE UIT HAAR DAGBOEK
| Eldoret, Kenya |
Willie hulle wil ons die kwekery gaan wys. Ons was toe weg gewees en het die rit baie geniet. Babsie het vir ons toebroodjies en koek saam geneem en ons het by die groot rivier onder die boom geeet. Ons was toe by die kwekery maar die is heelemaal verwaarloos die man gee dit op dan het hy ons sy koorn lande gaan wys. Die koorn is pragtig maar 300 morge onder koorn.
DAG SEWENTIEN: Woensdag 24ste September 1958
Ons is Eldoret toe, daar was ons by Willie se ma, Babsie het toe gaan koor sing. Van Willie se ma was ons toe by Martie de Jaar en toe na Gysbert Viljoen en hulle was baie gaaf. Ons uitgevra om die naweek met nagmaal daar te bly. Wyl Babsie hulle uitkamp. Poppie se dogter het ons gevra om Maandag na hulle toe te gaan – ons het beloof om te gaan.
DAG AGTIEN: Donderdag 25 ste September 1958
Het ons nie gaan ry voormiddag nie – ons het lekker gerus. Agtermiddag het hy ons hulle buurman se mielies gaan wys, baie hoog gegroei en baie mooi koppe.
DAG NEGENTIEN: Vrydag 26 ste September 1958
N heerlike more alles lyk so mooi, die natuur hier by Babs is pragtig. Ons gaan nou na die Boshoffs toe, van my pa se familie, om hulle te sien. Ons was toe weg en het die dag baie geniet. Om Elik sy vrou en dogter met haar man was baie gaaf vir ons. Toe was ons by Babs se tante de Waal. O! hulle het n groot en baie mooi huis. Sy was ook baie gaaf vir ons. Nou is die plan vandag weer na Eldoret dan gaan Babs in die koor oefen. Daarvan daan is ons toe na Lukkie, Babs se broer en sal dan weer more kom.
DAG TWINTIG: Saterdag 27ste September 1958
| NG Gemeente Vergenoeg, Eldoret Kenia. |
Na die Anglo-Boereoorlog het 'n groot aantal Afrikaners hulle vaderland verlaat en hulle in die destydse Duits-Oosgebied (Tanzanië) en Brits-Oosgebied (Kenia) gaan vestig. Moontlik het hulle nie kans gesien om op die puin van die oorlog opnuut te begin nie, selfs al het sommige hulle dan ook in 'n ander vesting van die veroweraar gaan vestig. Die trek na die noorde het 'n bootreis na Mombasa, 'n meer as 640 km lange treinreis na Nakuru en dan 'n reis per ossewa na die gebied op die hoogland, wat vir boere uitgesit is, behels.
In 1958 was daar groot halfeeufeesvieringe van die Vergenoeg N. G. Gemeente. (In daardie jaar is ook 'n kortstondige NG gemeente Nairobi gestig.
Ons was toe eers na Eldoret toe daar het Babsie eers geoefen in hulle koor en toe is ons omtrent half 5 na Lukas hulle toe die 100 myl hier vandaan. Lukas se plek se naam is “Songhor”.
Ons is toe na die singery weg en groot steil berg wat ons moes af gaan. Die diep klowe hier langs aan, daar om n draai kom ons n groot lorrie tee, hy was amper op ons. O! maar die gevaarlike draaie, Babs en ek het so geskrik. Ons het die nag daar geslaap.
| Eldoret tot by Songhor bergpas |
Lukas se suster - Bes bly by hom. Die volgende more is ons met ons Landrover n steil berg af. N Lorrie of kar kan nie daar langs nie. Ons wou gaan kyk waar Bes besig is om in die kloof daaronder by die soda water bome af te kap en daar n plek reg te maak blomme te plant en dit daar te verfraai vir n vakansie plek. Daar het ons toe tee gedrink en n ruk versuim en toe is ons terug. Bes bestuur self haar Landrover.
| Bes bestuur self haar eie Landrover |
Babs, Willie, Lukas en sy en ons en die kinders dit was baie interessant. Hulle het daar piesangs en lemoene ook geplant. Toe ons terug kom het ons net eers geeet en toe is ons weer in die pad. Toe weer n groot bergpas uit en by n pragtige plek langs wat hulle die “Wonderwater” noem. Sodawater – jy hoef nie suurdeeg te he as jy daardie water vat kan jy brood, vetkoek en ander koek daarmee bak. Dit rys baie mooi – dit smaak net so as soda water en kook in die glas of bottle. Toe is ons huis toe en het die dag baie geniet. Die natuur is pragtig daar by die sodawater – hoe berge en klippe
| Die soda water mere in Kenya |
En die plantegroei alles so mooi!

Comments
Post a Comment
COMMENTS