DAG SES-EN VEERTIG TOT VYFTIG: OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE REIS NA KENYA

Hierdie blog is gebasseer op ouma Bettie se dagboek en alles wat hier in hierdie blog geskryf is, is haar eie woorde.


DAG SES -EN- VEERTIG:  MAANDAG 20 STE OKOTBER 1958

TOE VERTREK ONS OOR N BAIE BREE RIVIER.  Daar is n pond wat deur n motorbootjie gestoot word.  Ons het dit nogal baie geniet.  


Luvua rivier pond


Luvua River is a river that flows out of Lake Mweru in the Democratic Republic of Congo, serving as a major outlet for the lake and eventually joining the Congo River. Lake Mweru is a large freshwater lake on the border between Zambia and the Democratic Republic of Congo.


Ons is toe verder met n baie slegte pad deur digte bosse wat lyk soos n gang.  Daarna weer met n een rigting pas uit en daar bo op die pas het dit gelyk soos Dullstroom se wereld.  Na omtrent 10 of 15 myl is ons weer deur n digte gang van bosse tot by Jadotville.  N Mooi groot dorp en ons het in die Hotel Europe geslaap.

JADOTVILLE


Shinkolobwe mine, 20 km west of Likasi (then called Jadotville), was described by a 1943 Manhattan Project intelligence report as the most important deposit of uranium yet discovered in the world. The uranium from this mine was used to build the atomic bombs used in Hiroshima and Nagasaki in 1945.[6] In 1961, during the United Nations intervention in the Katanga conflict, a company of Irish UN troops deployed to Jadotville fought valiantly, but was besieged and eventually surrendered to troops loyal to the Katangese Prime Minister Moïse Tshombe.[7][8]


Ons is toe weer by die Doane aan het het toe by Kitwe geeet.  Nou is ons op pad na Lusaka.  Ons wil daar gaan slaap as die Here wil.  Nollie se keel is so seer.  Hy het natuurlik koue opgetel, want dan is dit so warm en dan in ons nat van die sweet. 





Kitwe Zambia

Ons het toe gekom tot op Lusaka en ons wil hier slaap. Ons het twee lekker kamers gekry.  Dominee se niggie is hier in die dorp. Hulle is altwee dokters en nou wil dominee he hulle moet kyk na Nollie en as hulle dink dit is nodig om dan vir Nollie n inspuiting te gee.  Sy keel was baie seer en veral die lasste drie nagte was sy keel baie seer.

O! ek was so onrustig oor die keel wat so seer is - ag maar die Heer het vir ons onderneem tot vanaand toe. Hy sal toe verder ook onderneem.   Sy naam - sy eer!

Toe het die Dokter gekom en vir Nollie ondersoek en gese sy koors is af en hom n inspuiting gegee.


DAG NEGE-EN- VEERTIG:  DONDERDAG 23 STE OKOTBER 1958

Ons het toe weer verder gery.  Vanmiddag het ons by die Victoria Valle gekom, maar O! dit is wonderlik en mooi die hand werk van die Heer!

Ons het toe gekom tot hier by Halfweg en nou slaap ons hier.  Gelukkig is Nollie se keel helemaal beter.  .

Ons plan is om more tot na Boet Henny as ons dit kan reg kry.  Ons het toe gekom tot by Boet Henny en daar vandaan het ons toe die more gekom en half 1 was ons toe hier.  O! maar die vreugde om weer hier by die huis te kom.  

O! die Here was goed om ons weer veilig hier te bring - sy naam sy eer!
   




Comments

Popular Posts