MY SUSSIE IN GRANAAT
Hoe lank dit was weet ek nie, maar toe is ons ewe skierlik by die Jarrabad ... my pa ek en Lallie. Lallie - my kinderoppasser. Meestal kan ek net onthou van ons twee. Van Lallie en ek by die Jarrabad. Een goeie dag tel my pa my op en toe is ons in die hospitaal. Philadephia Sendinghospitaal, waar my ma in n spierwit hospitaal bed le. Aan die onderpunt van die bed staan n klein kinderwiegie wat in die ronte draai as mens daaraan vat. Toe lig my pa n klein papie uit die wiegie en stel my ewe plegtig voor aan my nuwe sussie. Ek wonder by myself hoekom net een naam, want ek is Elizabeth Maria en my anner sussie het ook twee name en nou is my nuwe sussie net dit. Ek wonder vir n lang tyd waar haar ander naam is terwyl ek die wiegie om en om draai tot my eie kop spin.
So word ons toe saam groot op "Witpoort" ons honderd en meer jare familieplaas onderkant die Steenkampsberge, op die hoe Plato naby Belfast in Suid-Afrika. My sussie kan boomklim. Sy klim die granaatboom tot op die verste dun takkies. Sy is nie bang nie. Sy skrik glad nie vir die haarwurms in die moerbei boom nie. Sy is nie bang nie. By die swemgat spring sy eerste in om te sien of die likkewaan uitspring. My aarde my sussie ... genade sy is nie bang nie!
My pa het altyd gese sy is n boesman, want as ons gaan hardloop hou sy nooit op nie. Sy kan aanhou en aanhou en as ek al dood neerslaan langs die pad, hou sy nog uit. Vir harloop is sy nie bang nie. Eendag kry sy n lang wit penwortel doring in haar voet en die dokter is ver. Sy sit toe oe terwyl my pa met sy knipmes en growwe sout die doring uit maneuver. My sussie, het net een naam gekry, maar sy is n bloedrooi granaat propvol - soetigheid en sap!
Comments
Post a Comment
COMMENTS