DAG SES-EN DERTIG TOT VEERTIG: OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE REIS NA KENYA

HIERDIE BLOG IS GESKRYF MET OUMA BETTIE SE EIE WOORDE NET SOOS DIT GESKRYF IS IN HAAR DAGBOEK


INWYDING VAN DIE NUWE KERKORREL

DAG SES-ENDERTIG:VRYDAG 10 OKTOBER 1958

Ons het toe met Wilie hulle saam gekom. Hulle het toe uitgekamp en 
het ons toe na Gys en Bettie hulle toe gebring.  Hulle is baie gaaf vir ons.  Nou gaan ons saam met Fanie.  Hy sing in die koor.  Hulle het gisteraand n orrel inwyding gehad.  Petro Mevrou Olivier het drie stukke gespeel op die orrel.  Tant Frieda het die eerste gespeel en die koor het die laasste gesing - baie mooi gesing. Alles was baie mooi.  Dominee Loods het die rede gehou Psalm 150  ... "loof die Here met jou sang en instrumente - die heiliges het gesing die nuwe lied in die boek van Openbaring".

DAG SEWE-EN-DERTIG: SONDAG 12 OKTOBER 1958

Sondag more.  Dominee Olivier en Dominee Dednam het die dienste waargeneem.  Dominee Dednam het gister, middag gepreek.  Hy het n keel aandoening gekry deur die week en was so hees.  Gelukkig was dit toe gistermiddag beter.  Dominee Theron was hom behulpsaam - het gelees en het gebid.   Dominee Dednam het toe net die rede gely.  Hulle het n groot plek buite ook gemaak van syle en dit word deur luidsprekers bedien. 
 
Ag mag die Heer tog meer en meer in elke hart sy woning kry.  Dominee Olivier het toe die aand diens gehou met die katkisante se voorstelling.  Dominee Theron het hulle toe voorgestel en die koor het daardie lied gesing "Jesus is die rots in die eensaam land".  O! dit was waarlik aandoenlik. 
 
Ons het toe weer na die diens met Gys en Bettie saam gekom.  Waarlik hulle is baie gaaf.  Selfs ou Fanie is so n liewe jongmens - en so erg vir sy ma en pa en so godsdienstig - is in die C.S.V en Kerk Jeugvereniging en so aan.

Dit is n heerlike dag.  Mag die Heer wonderlik vereer word in hierdie dag. 
 
Ons hoor gister by die kerk dat die Mau Maus weer laas week n man dood gekap het.  Ons het kiekies wat hulle beeste stukke uit kap en dan le die dier tot hy dood is van pyn.  Hulle sny hulle hakskeen senings af en dan die ander dag sny hulle so lewendig die dier in parte van hom uit -

Dominee Olivier vertel gister aand hoe twee Christen ....... deur die Mau Mau vas gekeer is - en toe hulle vir hulle gese het sweer op julle geloof en sweer by ons in, hoe die twee geweier het en hoe hulle sy vingers afgekap het, en so stadig hom vermoor het voor die ander een.  Toe se hulle vir die ander een nou is dit sy beurt.  Dominee vertel hy se toe vir hulle: "Vat eers my mooi klere vir julle, en dan maak julle my dood.  Toe hulle dit hoor was hulle so verwonderd dat hulle weg gehardloop het.  Die een wat toe al dood is het vir hulle gese dit maak nie saak nie hulle kan hom maar dood maak hy gaan na sy Vader toe!




Mau Mau uprising in East Africa

Summary of Event

The Mau Mau uprising, aside from being one of the most serious nationalist challenges to British colonial rule in Africa, was to a large extent a conflict over land. Kenya was a British settler colony, meaning that European immigration was encouraged. The settlers, who never numbered more than 1 percent of the population, occupied much of the best land of the country, the so-called White Highlands, beginning in the early twentieth century. Although few in number, settler farms could be quite large and accounted for the bulk of Kenya’s agricultural exports. The settlers also exercised considerable power in the government. The African residents of this area, mainly the Kikuyu, provided much of the labor for the white farms, and large numbers were tenants (squatters) on land claimed by whites. As many as one-fourth of all Kikuyu lived on white farms. The remainder were restricted to their own reserve areas. Land hunger increased as the Kikuyu population increased.


DAG AGT-EN-DERTIG: MAANDAG 13 OKTOBER 1958

Ons is toe gistermore Edoret toe -kerk toe.  Die kerk was vreeslik vol en dan nog die plek wat hulle buite gemaak het was ook vol.  Praat nie van die motorkarre nie.  Die kerkplein was vol tente - en hulle het dit so gesellig opgeslaan.

Die predikante het deelgeneem aan die nagmaal diens.  Dominee De Wet het die nagmaal rede gelei oor Lukas 24 vers 36 tot 40.  " Kyk my hande" wat Jesus vir die dissipels gese het toe hulle ongelowing gewees het en so se hy ook aan die gemeente van Oos Afrika.  Kyk my hande en voete.  Dominee Loods het by die nagmaal gese toe die dissipels gese het in die storm: "Gee die Here dan nie om dat hulle vergaan nie" ... toe se die Here: " Het julle dan nie geloof nie!".  Hulle moet vas hou in die geloof hoe donker ook die dag of nag sal wees.  Glo in hom - Hy gee wel om al sluimer Hy ook. 

Die middag het Dominee Brits weer gepreek.  Die aand het hulle n sang aand gehad.  Dominee Loods het so n kort diens gehad.  Ons het lekker saam gesing met die orrel.  

Na die diens is ons toe weer na Gys hulle toe.  Ons het die nag daar geslaap.  Die volgende oggend het ons ge-eet en toe het Gys en Bettie ons met hulle motor geneem en hulle lande gaan wys.  Sy koring is baie mooi.  Hy verwag daar by die 500 sakke koring en dan het hy baie mooi melkkoeie en stuur room weg.

Toe het Fanie ons weer kerk toe gebring en so het ons toe weer vir Willie hulle daar gekry.  Willie se toe ons moet na sy ma toe gaan want sy broer Kobus wil graag vir ons sy kiekies wys van al die wilde diere wat hy op safari afgeneem het.  Na dit is ons toe huis toe.  

Na ete het ons lekker gaan slaap.  ek het toe die tas gepak wat met die trein en die boot moet gaan Suid-Afrika toe. 

DAG NEGE-EN-DERTIG:  DINSDAG 14 OKTOBER 1958

Nollie en Willie het toe die tas gaan weg bring vir Dominee Dednam om weg te stuur.  

Denten en Dola het toe hierheen gekom om ons te groet.  Denten Voster.  Hulle was baie gaaf vir ons. 

DAG VEERTIG:  WOENSDAG 15 OKTOBER 1958

Faas en Annetjie het ons kom groet.  Dit is n lekker dag. As die Here  wil hoop ons om more die 16de terug te gaan huis toe. Deur die Kongo, eers Uganda en dan verder.

Mag die liewe Heer ons bewaar ver moeilikheid en ongelukke op ons pad.  Mag Hy self die stuurwiel in sy deurboorde hande neem.  Mag Hy ons veilig tuis bring.  Dit is ons gebede! 

 





 





Comments

Popular Posts