DAG ELF TOT VYFTIEN: OUPA NOLLE EN OUMA BETTIE SE REIS
OUMA BETTIE SE DAGBOEK
DAG ELF: Vrydag 19 September 1958
Ons is vanmore na die Thomsons valle. Pragtige Waterval. Die rivier is so sterk, net jammer ons kon
nie n kiekie vat nie want dit het begin reen.
| DIE EWENAAR |
Ons was by Dominee Lou. Daar het ons tee gedrink en toe ons van die valle af kom moes ons eers eet want Dominee Lou het ons toe van hom af met sy kar gevat. Hulle was baie gaaf. Ons is toe oor die ewenaar. Daar het ons toe n kiekie gevat. Toe is ons weer terug huis toe- na Mevrou Meton se huis toe. Dit reen vanmiddag hier. Die ewenaar is n gelyk vlakte – 7747 voet hoog in Oos Afrika. Ons het toe vir Dominee Theron gebel op Eldoret om vir Babs hulle te laat weet hulle ons moet kom kry. Hy het hulle toe laat weet. Nollie, dominee en Martie en Piet van Dyk is toe na die man toe wat die diere vang en weg stuur na Amerika toe. Daar het hulle toe renosters, olifante gesien en selfs leeus wat in hokke is. Die renosters en olifante loop los en word deur twee bediendes opgepas. Daar het hulle ook twee wit renosters gesien. Hulle is groter as die gewone renosters - hulle sien jy nie baie nie – hulle is skaars!
| WITRENOSTER |
Hy kon 3000 pond vir een kry maar hy wil nie. Hy wil 4000 pond vir een he. Daar het hulle selfs twee klein leeutjies gesien so mak dat hulle dit in hulle hande gevat het en teen hulle nek gedruk het. As iemand dan die leeutjie wil vat dan grom hy om hy dan veilig voel by die wat hom het.
| LEEU WELPIES |
Ek het by Mevrou Meton
gebly – Mevrou en ek. Baie, baie liewe
mense. Toe was dominee en Nollie weg na die wildtuin toe. Elfuur het Willie en Babsie gekom. Ons het toe tot so half een gewag toe Nollie
en dominee gekom het. Ons is toe net na
ete weg saam met hulle. Hulle is 100 myl
van die Moutons af. Ons het toe die Equator weer gesien – na aan die pad.
DAG DERTIEN: Saterdag 20 September 1958
DAG VEERTIEN: Sondag 21 September 1958
Ons het n heerlike stil Sondag gehad. Willie hulle het n lifelike plek, so n baie
mooi werf teen die rand op en n koppietjie. Jy kan rond om baie ver sien. Rondom die huis is n grasperk en blomme en
kannas hier en daar versier met struike.
Die is n baie lekker huis – alles is baie mooi. O! maar Kenia is n pragtige wereld – ons is
deur Suid Rhodesia, Noord Rhodesia, Tanganyika maar Kenia oortref hulle ver. Die koring, mielies, blomme en die plante
groei is te wonderlik en dit alles sonder misstowwe en van ons hier gekom het
eet ons groenmielies party ryp ander nog groen ander nog jonk en ander word nou
geplant hulle het nooit winter nie. Dit
is n lifelike bees wereld, die gras lyk na koornlande – so mooi groen en
weelderig.
DAG VYFTIEN:
Maandag 22 September 1958

Comments
Post a Comment
COMMENTS