DAG EEN-EN-VEERTIG TOT VYF-EN-VEERTIG: OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE REIS NA KENYA

 HIERDIE WOORDE IS GENEEM DIREK UIT OUMA BETTIE SE DAGBOEK

JINJA CITY

DAG EEN-EN- VEERTIG: DONDERDAG 16 DE OKTOBER 1958 

Gys en Bettie en Martie was toe gisteraand by Babs hulle.  Hulle het ons kom groet en Fanie.  Ons het so lekker gekuier en vanmore het  hulle ons weer hier op Eldoret kom af sien.

Bettie, Martie en Fanie.  Ons is toe omtrent 10 uur van Eldoret af weg en het toe oor Jinja - n dorpie - en toe na die meer gaan kyk waar die begin van die Nyl rivier begin.  Baie groot rivier kom uit die meer.  Dit is die Victoria meer.  Die meer is groter as die Vrystaat - so groot is hy.



Die Victoria meer



Victoria Meer




Victoria Meer waar die Nyl rivier uit kom in Uganda



Ons het vanaand hier gekom tot by Kampala - die hoofstad van Uganda en n groot moderne stad.  Dominee het met ons gery tot bo op die kop sodat ons mooi kan sien.  Ons moet 3 pond en 10 shilings betaal vir slaap en eet- maar ons het twee lekker slaap kamers.  Dominee hulle en ons.  Elke kamer het sy eie badkamer en sy geriewe.



Kampala die hoofstad van Uganda - Ouma Bettie noem die stad Mampala



Ou Babs hulle het ons vanmore gebring tot by Bouwer hulle waar Dominee hulle vir ons gewag het. 

 
DAG DRIE -EN- VEERTIG:  SATERDAG 18 DE OKTOBER 1958 
 
Ons het toe gister more van Kampala gekom, en het toe verder deur Uganda gekom maar dit is maar waarlik die mooiste landstreek wat n mens kan sien.  Ons het toe by Mevrou van der Merwe hulle geslaap.  Jy sien hier onder die berg waar ons geslaap het n 16 myl meer.  die meer is 2 myl diep en n pragtige gesig.  O! kon al my mense vanmore die lieflike gesig sien met die eiland koppie daar in!



Meer Banyonyi



Nou gaan ons vanmore verder.  Ons het toe die berg uit gegaan en was 8,000 voet hoog.  Wat n pragtige gesig, die meer onder ons met die eiland in die middel daarvan.  Toe is ons deur die berge en daar op die berg kan ons die vuurspuwende berg sien.  So het ons gery deur die hoe berge en afgronde en wildernisse. O! bome wat vreeslik hoog is en bamboes bosse teen die berge waar die naturelle hulle lande teen het.  Mielies en bone en berge wat vol koffie geplant is tot bo.  Te wonderlik hoe hulle daar kon plant want dit is so vreeslik styl.  Piesang plantasies by duisende morge - en toe het ons by meer Kivo gekom.

Kivu meer Ruanda die diepste meer in Afrika



Ons het so 110 myl al gery deur die berge.  Om die meer gery.  Die meer is 65 myl lank. Toe moes ons na die dorp Kosterman's village.




"Kostermansville" was the colonial-era name for the city of Bukavu, located in the Democratic Republic of Congo (DRC), named after Vice Governor-General Paul Costermans. The city's name was changed back to Bukavu in 1953, though the colonial influence is still reflected in the many villas. 



Kosterman's Village / Bukavu op die Tivu meer





Toe kry ons weer n pap wiel. So teen die berg. Toe was dit so laat dat ons nie verder kon gaan nie.  Ons het toe daar geslaap.  Mevrou en ek het in die kar geslaap en Nollie en Dominee het toe agter die kar geslaap.  


 
DAG VIER -EN- VEERTIG:  SONDAG 19 DE OKTOBER 1958 

Toe moes ons ry omdat ons daar op die berg was en nie plek het om oor te bly nie, want dit is net vreemde nasies en O! so baie ... Ons is toe langs n groot meer - 500 myl lank.  Dit lyk soos n see. Tanganyika meer.




Tanganyika meer





Tanganyika meer



Toe het ons by die Fize berge gaan slaap in n rus huis Sondagaand.


Die Fize Mountains in 1958 is now called Mitumba Mountains of the Fizi Territory, in DRC overlooking the stunning waters of Lake Tanganyika



MITUMBU MOUNTAINS FIZE TERRITORY DRC




MITUMBU MOUNTAINS OF THE FIZI COUNTY DRC






MITUMBU MOUNTAINS FIZE COUNTY DRC




DAG VYF -EN- VEERTIG:  MAANDAG 20 STE OKOTBER 1958

Vanoggend het ons hier vertrek deur n een rigting pad. Dit is n 12 myl berpas duisende voete hoog, deur slegte paaie, deur digte bosse net soos om in n gang te wees. Tog tenspyte van die slegte pad het ons 380 myl gery.  Die aand het ons by die ruskamp Kayambi gekom - en hier geslaap.  Dit is n Roomse Sendingstasie.


Kayambi Mission located in Northern, Zambia is the oldest Church in Zambia and since construction the church has never gone under any renovations.





Kayambi Catholic Mission Station






Comments

Popular Posts