DAG EEN-EN-TWINTIG TOT DAG VYF-EN-TWINTIG: OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE REIS
| Mau Mau Rebellion |
The Mau Mau Kenya refers to the Mau Mau Uprising, also known as the Mau Mau rebellion or the Kenya Emergency, a conflict in British Kenya from 1952 to 1960 between the Kenya Land and Freedom Army (the Mau Mau) and the British authorities. The uprising was a war of independence in which the Mau Mau, primarily the Kikuyu people, fought for land and freedom from British rule.
Al die woorde kom uit Ouma Bettie se dagboek
DAG EEN-EN-TWINTIG: Sondag 28 September 1958
Sondag is ons toe weer Eldoret toe na die kerk toe en was daar mense! Die more het Dominee Theron die predikante en die mense wat van ver
af gekom het verwelkom en toe ook gese
dat sy vader dood is en Sondag middag begrawe sal word. Dominee Loods het gepreek - O! so pragtig oor Dawid se sitplek wat leeg
was langs Saul en hoeveel sitplekke wat leeg geword het in die 50 jaar wat
verby is en dat ons sitplekke soms leeg is in die Kerk, by ons bidplek en so
sal die sitplek ook van ons leeg word as Hy ons roep. Ons het toe weer vir Dominee en Mevrou ook
weer daar gesien. Toe het ons by Mnr. En
Mev. Voster geeet. Hulle het ons gevra.
Sy het n groot ete gemaak. Dis
baie gawe mense. Ons is toe weer huis
toe – Willie, Babsie en ons.
Die aand het die vosters weer oorgekom – hulle het ook n
baie mooi huis en plaas – die mense sit daar sommer goed in.
DAG TWEE-EN-TWINTIG: Maandag 29 September 1958
Toe het Poppie en
Drusilla ons kom haal. Toe wou Drusilla nie anders nie ons moes een nag by hulle
slaap. N Gawe ou vroutjie. Die aand het Nico se pa en ma ook oorgekom. Ons het lekker by hulle gekuier.
DAG DRIE-EN-TWINTIG:
DAG VIER-EN-TWINTIG:
Woensdag 1 Oktober 1958
Nollie het vannag so van Pa en ma Toit gedroom. Hy se ons moet die datum onthou … ons sal
slegte nuus hoor. Nou gaan Drusilla ons
na haar ma toe neem dan kuier ons vandag daar – die familie is baie baie goed
vir ons.
DAG VYF-EN- TWINTIG: Donderdag 2 Oktober 1958
Vannag het ons toe hier by Poppie se huis geslaap – ons het
baie lekker by haar gekuier – sy het ook n mooi plaas en is besig om vir haar n
huis te laat bou. Haar man is nou al agt
jaar dood en nou sukkel sy so om haar huis klaar te kry. … het haar huis gebou en vreeslik afgeskeep
en sy het al 1000 pond betaal. Gisteraand
was Fredie Moolman en sy vrou hier om vir ons te kom kuier. Hulle is nou al 6 jaar hier en gaan oor
agtien maande terug Unie toe. O! maar
waarlik dit is te vreeslik om te hoor hoe hulle hier sukkel met hulle kinders
se skole, hoe die Engelse die Afrikander kinders behandel en wat hulle moet
betaal om die kinders te laat leer en hoe dit gegaan het met die Mau-Mau
besigheid, hoe die Engelse die Afrikaners altyd in die gevaar voor stoot en as
jy n Mau Mau dood skiet voor hy jou eers aangerand het kry jy tronkstraf en as
jy moeilikheid het met n … hoe hulle
altyd die … se part vat, hoe die Afrikaners verdruk word. O! daar is net een Suid Afrika nog nooit was
die word vir my so dierbaar as hier in Brits Oos Afrika nie, Met die Mau Mau
besigheid het die Mau Mau nooit die Afrikaners doogemaak nie net die Engelse so
dat die Engelse die Afrikaner kinders in die skole ook Mau Mau genoem het Omdat
hulle gese het die Afrikaners stook die
Mau Mau op.
Op die Valle het hulle nou n Afrikaanse skool. By die ander skole leer hulle net Engels. Die Afrikaans word maar net by die huise
geleer. Bybel geskiedenis word glad nie gebruik in die skole nie – daarom stuur die
mense wat kan hulle kinders na die Suide om hulle geleerdheid te kry. Poppie se oom Jannie het so bitter berou
gehad dat hy ooit sy Vaderland verlaat het.
Hy se hy het sy vrou en kinders vreeslik benadeel – met alles – hulle geleerdheid
en alles!
Poppie sing mooi. Sy
se O! hoe sou hulle kinders daarvan gehou het om geleerdheid te kon he al was
dit nie vol leerd nie. Dan is hier baie
baie mense wat hulle please wil verkoop om Unie toe te gaan, maar wat nie kan
kopers kry nie – nou baie word gewoond aan die dinge om so saam en alles te
deel en sien nie iets verkeerds in nie.
Vanmiddag gaan ons nou na Serfaas toe en more sal hy ons dan weer weg
bring na Babs hulle toe.

Comments
Post a Comment
COMMENTS