ONTHOU JY VIR WITBOOI?

 


Van al die diere en van al die grootword op Witpoort daar onder die Steenkampsberge,  in Suid- Afrika onthou ek haar die beste!  Ek onthou haar spierwit vel and haar self, haar aura! As n koei n aura kan he!  Haar naam was Witbooi.  Sy was a groot, groot frieskoei en sy was a darling.  Sy was my darling!

Ek sweer sy kon praat.  Ek sweer sy was nie n gewone koei nie.  Sy was n koei met n persoonlikheid.  n Sassy - eie persoonlikheid.  Sy het ook nie geweet sy is n koei nie want sy kon dood oor n lemoen. Nie een enkele ander koei het lemoene geeet nie. Net sy!

Elke middag as die son so sak daar ver onder die Steenkampsberge dan kom die koeie kraal toe.  Hulle stap soos ou tantes teen die styl opdraendetjie uit van links af, bo teen die rand verby die agterdeur.  n Mens kon hulle van ver af hoor bulk en gesels.  Ek dink kraal toe kom vir melktyd - was vir hulle so n glorious ondervinding soos n bezaar was vir die plaas tannies van die omgewing. Groot opgewondenheid, gesels en gelag.

Een vir een loop die groot vet koeie bo verby.  Die mikpunt - die kraal se hek doer aan die anderkant onder die groot bloekkombome.  Salig onbewus van ons drie kinders wat hulle dophou, seil hulle een vir een verby.  Statig soos groot grasieuse seilskepe kom die dromedaris koeie oor die rand. Al kop knikkend ...  kom die koeie by die agterdeur verby. 

Witbooi, sy hou van lemoene en soene.  Daar was net een soos sy.  By die skaapappeltjie boom maak sy haarself staan en rek haar nek lank uit om die lemoene in die emmer by te kom.  Haar groot bek oop van lekkerte en die gedagtenis aan goudgeel lemoene.  Die goue lekkerte van die lemoene maak taai suiker stringe langs haar kieste af.  Die een na die ander lemoen slurp sy gulsig op.  Sy weet nie van genoeg nie.  Haar oe krul behoorlik om in haar kop van lekkerte. 

So tussen die etery deur  geniet sy die vryfies van sagte klein handjies op haar fluweel sagte vel.  "Witbooi jy is so mooi", "Witbooi jy is die mooiste, mooiste ... ".   "Witbooi jy is my favourite ... my darling!"  Sagte soentjies op fluweel sagte lippe maak korte mette van verskille tussen kind en koei. Vir een kortstondige oomblik word die wereld van koei wees en kindwees een! "Witbooi" n Frieskoei met sass, n frieskoei wat soene gee en goudgeel lemoene wegsit soos daai seekoei wat sjokolade tjomp! Tjomp ... tjomp ... tjomp!








Comments

Popular Posts