DAG SES TOT TIEN: OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE REIS

 

DAG SES: Sondag 13 e September 1959

20240814_073205

Ons is toe weer oor n lang vlakte van 70 myl. Oor die Ruaha vlaktes en toe oor n 9 myl bergpas.


The Ruaha Plain refers to the large, rolling plains found within Ruaha National Park in Tanzania, a vast wilderness characterized by diverse vegetation, iconic baobab trees, and a wide array of wildlife, particularly elephants and Greater Kudu. These plains, which transition between dry bush country and treeless grasslands, are a major feature of the park's dramatic landscapes, supporting a rich ecosystem that serves as a transition zone between eastern and southern African species.


Dodomo is the capital of Tanzania.

Omdat ons nie n ruit kon kry nie het ons toe maar ons reis voort gesit om n heel ruit vir die kar te kry.  Ons is toe van Dodoma oor die Meru berg.


Mount Meru is a dormant stratovolcano located 70 kilometres (43 mi) west of Kilimanjaro in southeast Arusha Region, Tanzania

Daarna oor die Bebatie vlakte en het die Manyara meer gesien. 


Manyara Meer


O! maar dit is net wonderlik – toe oor die hoogland by Jones langs na die Ngorogoro Krater , O! n mens is op en teen die berg en kranse – daar loop die wild.  Dominee het n buffel afgeneem wat omtrent 5 tree bokant ons teen die berg gestaan en wei het en ons is onderkant hom op die pad.  O maar die plantegroei bome en ander digte plante honderde voete onder ons.  Ons is vanaand 1000 voet hoer as op Dullstroom. Ons is 7600 voet hier hoog en die krater le nou hier onderkant voor ons.  O maar dit is alles te wonderlik., die skepping van die natuur.  Ons het van ons hut af n renoster en twee buffels gesien wei hulle is omtrent 200 tree van ons hut af.  More wil ons nou eers die krater bekyk want ons het te laat hier gekom.

Lake Manyara safari - Safaris in Lake Manyara national park

Manyara meer



Ngorongoro Crater

DAG SEWE:  Maandag 14 September 1959

Ons het toe gisteraand hier by Mnr de Wet hulle gekom. Ons het toe gister more eers die krater bekyk en het toe weer terug gekom. O! die plantegroei en die berge duisende voete hoog en die woud en klowe hier onder so as ons ry – te pragtig!  Daar loop die wild by troppe! Die krater was n berg wat uit geblaas het en wat toe so gesak het en toe ons gekom het is ons weer deur n wildtuin waar ons ook weer baie wild gesien het en ook weer die meer want ons moes dieselfde pad terug ry.  Hier waar ons nou geslaap het is ons aan die voet van die Kilimanjaro Berg.  O! maar hy is hoog. Hy is 1900 voet hoog. Ons is ook by die Meru berg verby.  Hy is 1400 voet hoog.  Die glas van die kar word vandag op Arusha ingesit.  Dan gaan ons weer by die krater verby.


Arusha city



DAG AGT: Dinsdag 15  September 1959

Ons was toe na Arusha toe om die ruit te laat in sit.  Ons was toe by Ds. Brink.  Hulle was baie gaaf en toe is ons terug weer deur die wildtuin en pragtige woud en toe oor die vlakte waar sulke krater hopies grond is.  Dit is ook wat deur die vuurspuwende berg daar geblaas is. Toe is ons oor n brug en n rivier wat 150 voet hoog is.  N  Smal en baie nou brug oor die rivier.  Vanaand het ons die Kilimanjaro se top mooi gesien.  Hulle se ons was baie gelukkig om dit te sien.  Die mense se daar het al mense van Amerika af gekom wat 14 dae hier by die de Wets gebly het om die top van die Kilimanjaro oop te sien dan is dit altyd toe van die mis. 


Mount Kilimanjaro

DAG NEGE: Woensdag  16 September 1959

Ons het vandag oorgebly hier by die de Wets. Hulle is net n man en n vrou. Hulle was baie goed vir ons.  Hulle het ons vanmiddag daar na die rivier toe gebring.  Daar moes ons visvang en toe moes Dominee en n ander man n bok skiet en tarentale.  Dominee het toe n tarentaal geskiet.  Ons het die berg Kilimanjaro baie mooi gesien vandag.  Hy was lielik oop.  Jy kan net die kapok sien le met strepe.  Mevrou se kop is vanaand baie seer.  Dominee het haar toe gespuit.  Dominee Lou en sy vrou en nog n vrou vertel hulle het vier dae gestap om die berg uit te klim.  Hulle het daar geslaap. Heel bo-op die berg is daar n staal Kassie en as jy dan die berg uitklim dan moet jy jou naam teken en toe die Afrikaanse bybels uitgekom het, het n man van oorsee gekom en het een Afrikaanse Bybel ook daar in die staalkassie gesit.   Dit is baie interessant om te hoor hoe mense moeite doen om die berg uit te klim. 

DAG TIEN:  Donderdag 17 September 1959

Ons is toe van die De Wets af na Navashu, ook n klein dorpie. Daarvandaan is ons oor die grens na Nairobi, Kenya.  Nairobi is n groot stad net soos Pretoria.  Daar moes ons weer die vorms invul by die Konsul.  Op pad na Nairobi het ons baie baie wild gekry, wilde beeste met troppe hartbeeste en ander bokke.  Toe is ons in Kenia.

Nairobi Kenya 1959


Kenia is baie mooier wereld as Tanganyika en ook baie mooier as Suid Rhodesia en Noord Rhodesia.  Die mielies en die koring en selfs die blomme groei baie baie weelderiger sonder enige bemesting.  Die mielies staan seker van 1o voet na 12 en 14 voet hoog. 

Ons is toe van Nairobi weer verder en berg af teen n bergpas af en het toe n groot meer gesien aan die linkerkant.  So as ons gery het, het die son daarop geskyn net so met sonsondergang – dit het te pragtig gelyk.  Naivashu meer is die naam van die meer.

Daarvandaan gekom na Mevrou Meton.   Sy het n pragtige mooi plek. Die huis is  baie mooi en baie groot en dit is deur n Italianer gebou.  Die mense hier het ronde tafels wat die Italianers vir hulle gemaak het. Op die tafel is nog n kleiner ronde tafel wat in die rondte draai.   So dan sit hulle die borde op die eerste tafel en die kos op die tweede tafel en dan draai dit in die rondte.  Dan help elkeen homself.  Mevrou Meton het n pragtige blomtuin oral pragtige blomme en struike. 


Pragtige tuine


Comments

Popular Posts