Ek is nou die huismoeder in die Senior koshuis by die Vera Skool vir Autistiese kinders. Meraai en Diana is die twee huishulpe wat help. Hulle het hulle eie woon kwartiere in die agterkant van die koshuis. Meraai is die Tswana kok en sy maak die kos vir die kinders in die aande en Diana n kleurling vrou van Porterville, is haar hulp kok. Hulle twee maak in die dag die kamers en die badkamers skoon en daarna skryk hulle die kinders se klere in die waskamer agter die skool.
In hierdie Senior koshuis woon Dean n groot seun van omtrent so sestien jaar oud. Dean is lank en maer. Hy loop effens krom en toon tipies autistiese ruk bewegings van sy liggaam en sy arms. Hy kruip graag weg agter die eetkamer se deur en dan spring hy ewe skierlik uit om jou n helse skrik te gee. Hy dink dan dit is baie snaaks. Dean het n vreeslike mooi ma gehad met lang blonde hare. Dean en Charl en Carl was vriende.
Ronel was baie erg gestrem. Sy het n bril gedra wat so sterk was dat n mens skaars haar ronde bruin ogies aggter die dik lense kon uitmaak. Ronel het swart krul hare gehad en n kort ronde lyfie. Haar beentjies was besonder kort en sy het met n waggel geloop. Sy het altyd met haar bene onder haar lyf ingevou, op die groot groen stoele in die sitkamer gesit en dan het sy self gestimileer deur vorentoe en agtertoe te wieg of met haar mond en vingers te speel. Ronel het een baie snaakse trek gehad en dit is dat sy van tyd tot tyd fiksassies ontwikkel het op een van die seuns in die koshuis. Dit het alles in stilte gebeur en dan het dit op n dag gemanifesteer.
As dit gebeur, het sy al haar klere uitgetrek en met brute krag die seun gestorm en dit het al ons krag gevat om Ronel van die seun af te kry.
EK HET HIERDIE MANIFESTASIES BELEWE -
DIT WAS NIE GRAPPIES NIE.
Belinda was baie erg gestrem. Sy was omtrent twaalf jaar oud. Sy het al die simptome van autisme getoon. Sy het self gestimuleer deur haar tong bo in haar verhemelte te tril en dan met haar voorvinger op haar neus te tik. Sy het ook graag draad of takkies van struike afgebreek en dit dan versigtig gevorm as n hulp instrument om die sensueele tik op haar neus te versterk. As sy draad of so iets kon kry het die instrument wat sy gevorm het identies soos twee klitsers gelyk. Belinda kon glad nie praat nie. As sy met n mens moes kommunikeer dan het sy saggies met haar een hand aan jou geraak. Partykeer het sy vir naweke in die koshuis oorgebly om haar ouers n blaaskansie te gee.
Cecelia was omtrent agt jaar oud. Sy was fyn en klein. Sy was n Eucalaliac. Sy het elke woord wat iemand anders gese het en elke geluid wat sy gehoor het herhaal. As ons op n uitstappie gegaan het en dit het gereen, soos altyd in die Kaap, dan sit sy agter in die skool bussie en maak presies soos die reenveers van die kombi. Sy het nooit oog kontak gemaak nie en het ook effens krom geloop. Ek dink dit is omdat sy oog kontak vermy het dat sy so krom begin loop het. Cecilia was een van n paar kinders van baie gelowige ouers. Haar ouers was nie baie wel af nie maar haar kleertjies was altyd skoon en netjies gewas en gestryk as sy Sondagaande inkom, na n naweek by haar ouerhuis.
Amanda was n dogter van omtrent sestien of miskien sewentien. Sy was lank en maer. Sy het baie krom geloop en het op sestien soos n vrou in haar sewentigs gelyk. Amanda was baie onvoorspelbaar. Sy het altyd met haar voorvinger en haar duim gestimuleer. Sy het dit so teen mekaar vasgeknyp en dan het sy haar voorvinger so uitgeskiet as sy ander kinders of vir my wou seer maak. Ek moes haar bad en aantrek in die oggende en ook in die aande as sy klaar gebad het. Soms as ek haar kouse aangetrek het en ek op die vloer voor haar gesit het het sy haar vingers in my oog gesteek. Ek was nege maande verwagtend met Grace toe ek haar nog gebad en aangetrek het. Sy het ook n ander baie snaakse ding gedoen en dit is dat sy in die koshuis asblikke gekrap het en van die afval optel en eet. So, sy moes altyd dopgehou word.
Leo was n seun van omtrent twaalf jaar oud. Hy en Charl Harmse was vriende. Leo het glad nie autisties voorgekom nie. Hy het soos n normale seun gelyk as n mens na hom gekyk het. Dit is eers as mens die gedrag dopgehou het dat n mens kon sien dat dit nie normale gedrag was nie. Leo het aanmekaar met homself gesels en hy het aanmekaar n onsigbare masjien geweer geskiet. In die middae na skool het hy al om die koshuis gehardloop en sy masjien geweer geskiet. Dit was nogal snaaks.
Charl het soos n normale twaalf jarige seun gelyk. Sy ouers was gewone werkende middelklas ouers in hulle vroeg veertiger jare. Charl was die oudste van twee seuns. Hy het n jonger broer gehad, - was geheel en al normaal. Charl het nie emosioneel of verstandelik ontwikkel nie en het altyd net n twaalfjarige seun gebly. Sy spesifieke autistiese trek was dat hy fiksasies gehad het op sekere goed soos hy het Matchbox karretjies bymekaar gemaak. As n mens vir hom n ander maak modelletjie as geskenk gegee het, het hy glad nie belang gestel nie. Hy het daarvan gehou om altyd so styf teen aan my op die stoel se arm leuning te sit en om met my te gesels oor allerhande goeters. Dan as iets vir hom snaaks is het hy opgespring, n draai om die koshuis gehol en by homself gegiggel en dan kom sit hy weer langs my op die stoel se leuning. Ek het die kinders geleer om n dagboek te hou van die uitstappies waarop ons gegaan het. Charl het hierdie gewoonte sy eie gemaak en tot vandag toe skryf hy alles neer wat met hom gebeur. Hy kan iets wat veertig jaar gelede gebeur het tot op die minuut en tot op die sekonde onthou. Ek het oor die jare pakke en pakke briewe van Charl gekry. Lang, lang briewe van tot veertig bladsye waarin hy alles vertel van tot twintig jaar terug wat sy pa gedoen het, wat hy gedoen het en wat ander mense aan hom gedoen het.
Bruce was n seun van omtrent nege jaar. Hy was baie onvoorspelbaar. Hy het altyd baie tyd nodig gehad om inligting te prosesseer. n Mens moes oor en oor vir hom se as ons op n uitstappie gaan na skool. n Mens het so Sondagaand begin ... dit vir hom gese en dan weer op Maandag, Dinsdag, Woensdag, en Donderdag more het mens dit vir hom gese en op n plakaat geskryf en dit in sy kamer opgeplak sodat hy die inligting ook visueel kon prosesseer. Ek het dit nie geweet nie en die eerste dag in die koshuis het ek hom probeer reg kry vir n uitstappie, en daar en dan moes ek uitvind hoe "violent" hy regtig is! Hy het my hand gegryp en sy tande in my hand ingeslaan en sy kakebene "gelock". My bene het gebewe en ek het so bietjies, bietjies dood gegaan in my binnekant en toe ... maak hy sy mond oop ... en toe sit sy tande merke op my hand en dit is blou pers dood!
EK WAS N sENIOR HUISMOEDER BY DIE vER sKOOL VIR AUTISTIESE KINDERS!
Comments
Post a Comment
COMMENTS