KEMPTONPARK

 

Die Supertube by die Kempton Park Munisipale Swembad


Stanley, word die Hoof Tuinboukundige by die Kempton Parkse Stadsraad in Junie of Julie 1991.  Ons koop ons eerste huis.  Nommer 60 Friedman Straat word ons eerste eie huis.  Dit is n pragtige siersteen huis met drie slaapkamers, een badkamer en n swembad. Die erf is reusagtig agter en daar is twee groot buitekamers en n afdak motorhuis langs die huis.  

Gracie gaan in die oggende na die Kemptonparkse Kleuterskool toe en in die middae loop ek met Ben in die weantjie om haar by die kleuterskool te gaan haal. Ons het twee groot duiwe.  Wit duif en n swart duif.  In die middae as ons terug huis toe loop vertel ek stories van witte en swarte se ervarings as hulle so vlieg oor Kemptonpark.  Dit maak die pad sommer kort en voordat ons weet is ons by die huis.  

Gracie begin hier skoolgaan.  Haar jaar een klas begin by die Impala Laerskool.  Sy is baie opgewonde oor die atletiek.  Ons het nie een spieel in ons huis nie en toe die Graad een juffrou vir die klassie vra om hulleself te teken het ons Gracie nie n idee hoe sy lyk nie.  Ons het nooit eers daaraan gedink dat n spieel belangrik is vir die ontwikkeling van n kind se selfbeeld nie. Ons het vinnig geleer.

Stanley is so goed in sy werk en sommer gou word meer en meer op hom gelaai.  Hy word maerder en maerder. Ewe skierlik is hy ook verantwoordelik vir die dekorasies by munisipale funksies en dit is baie werk en baie beplanning.  Tenspyte van n groot salaris kan ons nie eers kant gordyne vir ons sitkamer bekostig nie.  

Ek kry n seisoenale pos by die Munisipale swembad om kaartjies op te neem by die Super tube.  Dit pas my goed want dit help my met n bietjie sakgeld en ek kan die twee kinders by my hou in die kamertjie langs die tube.  Gracie geniet dit vreeslik baie en wen n kompetisie vir die vinnigste kind deur die swembad en af met die supertube. Sy is te opgewonde.  Ek ry met my fiets na die swembad toe in die more en in die middag ry Gracie voor in die mandjie en Ben sit agter op in n mandjie.  Dis groot sports! 

Een more is Benjamin siek.  Hy kla van maagpyn en ek kan sien hy is net sommer siek.  E vat hom so tien uur die oggend, dokter toe en toe die dokter hom ondersoek lyk hy baie bekommerd.  Dis n groot skok vir my toe hy vir my Benjamin moet onmiddelik opgeneem word in die hospitaal.  By die hospitaal aangekom, moet Benjamin wat omtrent een jaar oud is, n drup in sy handjie kry.  Die suster is oud en lelik.  Sy probeer om n duim dik naald in Benjamin se klein handjie in te kry en ek word smoor kwaad.  Uiteindelik, is die drup in, en toe moet wys xstrale n Lego blokkie of iets wat n blokasie veroorsaak.  Die dokter se dat hy vroeg die volgende oggend geopereer sal word.  EK BID.  Ek bid die hele ganse nag deur.  Ek hou Benjamin oor my skouers, ek lig  hom op na die hemel toe en ek smeek ... Here help my ... Here help my kind ... Here, Here, Here bid ek die ganse nag deur.  Ben slaap sulke kort rukkies oor my skouer want as ek hom neerle wil hy die naald uit sy handjie uit trek.  My rug voel of dit afbreek, my bene is houtstopme - maar ek bid!

Toe dit lig word en die son se goue strale sulke strepe maak op my hare, weet ek ons gaan huis toe! Toe weet ek die Here het my gebede verhoor.  Teen sewe uur moet ons weer plate neem.  Nege uur kom die dokter in die kamer in en hy se:" daar is geen teken van enige blokasie ... julle kan huis toe gaan.  Stanley kom by die saal in en ek se: "Stanna ons kan huis toe gaan.  Die dokter het gese die blokkassie is weg".  

Daardie ganse dag slaap ons. Ben voor my, teen my bors, en ek met my arms om hom. Die lewe is kosbaaar. Die golwe wou ons oorweldig maar ons het droogvoets deurgeloop! Die Here hoor gebede!


Comments

Popular Posts