12 AUGUSTUS1984


Ek hoor die telefoon lui.  Ek bid.  Dis aand.  Ek hoor Stanley praat en asof in n droom hoor ek hom hier langs my PRAAT: "Jou pa is dood".  Dis 12 Augustus 1994.

Ek sluk n handvol pille en die koue water gly asemloos in my keel af.  Ons ry plaas toe en  alles is stil en gedemp.  Die lang rit plaas toe bly koud en somber.  Die begrafnisdiens is in die NG Kerk Roossenekal.  My pa is word langs my ouma en oupa begrawe in die familiekerkhof daar bo op die koppie.  Ek swem asof in n droom deur my eie emosies.  Die gesigte om my ... soos skimme in a droom.  Die verversings is in die kerksaal en daarvoor moet ons terug ry kerk toe. Twaalf myl met die stofpad af tot weer by die NG Kerk Roossenekal.  In hierdie kerk het ek groot geword.  Alles is bekend en terslefdertyd is alles snaaks, anders.  Ek voel asof ek deur n lang donker droom worstel en enige oomblik gaan ek wakker word.  

Ek praat met Johan Malan ... n ou familievriend. Hy sit aan dieselfde tafel as ons klein familietjie van vier.  Hy is te slim vir woorde.  Weet alles van alles af. Sy maklike reguit lewe staan in sterk kontras met my eie.  Na die begrafnis ry ons viertjies weer somber en gedemp terug huis toe.  Op hierdie stadium is ek so vervreemd van my ouers ek glo nie ek het eers met my ma gepraat na die begrafnis nie. Ek het net omgedraai.  Ek het net geloop.  Ek het net die kar se deur toe gemaak en gery.  My eie pyn so groot ek kon net met die inspanning van elke senuwee in my - deur die swaar van die begrafnis kom.  Al wat ek ooit wou gehad het was n pa en n ma wat my lief het, my man lief het en my kinders ook.

Comments

Popular Posts