MY SLEUTELS IS WEG

 

Die voordeur van Heidehof koshuis




My kamer was aan die agterkant van die gebou op die tweede vloer



Ek dink ek was nie baie slim nie.  Ja, regtig ... nie baie slim nie, maar met sleutels was ek pure "brain dead".  So dead soos a doornail!

My koshuiskamer sleutels was my all time nemesis!  Ek kon net nie na my sleutels kyk nie.  As die wind waai en my deur slaat toe .... raai waar is my sleutels ... op my koshuis bed.  As ek die deur toe trek om klas toe te gaan ... waar is my sleutels ... op my bed!


Ek het die koshuismoeder mal gemaak oor my spaar sleutel.  Sy het die spaarsleutels in n muurkas gehou regoor haar woonstel.  Haar woonstel was reg langs die voordeur.  Sy, wel sy, was dun en oud en met blou-grys hare.  Haar maer, lang vingers het later outomaties my spaarsleutel afgehaal.  Later was ek so skaam om vir haar te vra of ek my spaarsleutel kan kry ek het gewag tot sy slaap of eet of iets en dan soos n bankrower my sleutel beroof, maar die groot geneuk was om dit terug opgehang te kry.

Ek onthou hoe ek meer as een dag,  teen die muur opgeseil het aan die buitekant van die koshuis, twee vloere op, om my sleutel te verlos van sy leplek op my koshuisbed!  Genadiglik het my vreeslose vriendin Sorsie, van langsaan, menige kere kans gesien om "singelhandedly" soos n waverse "catwoman" die taak uit te voer.  Die taak van die herwinning van sleutel op koshuisbed.

Waarom ek nooit, ooit daaraan gedink het om n duplikaaat sleutel te laat maak nie, is sole "proof' van my non-qualification vir MENSA!

Ek was "afterall" regtig DIG!





Comments

Popular Posts