DIE TREIN RIT


Ek is in my eerste jaar op kollege.  Ek is in Heidehof Kollege. Die koshuis daar langs die Apiesrivier in die hoofstad van Suid Afrika - Pretoria. Ons  studente loop klas toe want niemand het n kar nie.  My ouers boer amper 400 myl ver weg op ons familieplass "Witpoort". Dit is onmoontlik vir my om elke naweek huis toe te gaan. Dis te ver. 

Ek is verskriklik lief vir my ma en my pa en vir "Witpoort".  Die eerste paar weke huil ek myself siek.   Ek wil net plaas toe.  My pa en ma kry my jammer en toe se my pa ek kan halfpad deur die kwartaal met die trein kom tot op Middelburg en dan sal hy my op die stasie kom haal.  Dit was te se - as ek dit maak tot die helfte van die eerste kwartaal.  Ek het dit gemaak!

So gebeur dit toe dat ek een Vrydag middag op die peron van die Pretoriase stasie staan en wag vir die trein na Middelburg.    Langsaam kom die passasiers aan met tasse en kospakkies en kinders.  Daar is ou mense, jong mense, soldate, kinders met alleen ouers en mense wat huil oor die "imminent" afskeid. 

So tussen al die ge heen en weer op die peron stoom die trein die stasie binne.  Die kondukteur blaas sy fleutjie en die trein deure  vlieg oop met n groot geraas.  Die mense stroom  binne en elkeen kry n plekkie.  Sommer gou gou gee die groot stoom lokomotief n huf en n puf en daar gaat ons die donker nag binne.  Middelburg toe! Plaas toe!

Saggies wikkel almal hulle in en sommer dan kom die padkossies uit vir die langpad vorentoe. Ek ...  het net een ding in gedagte.  My pa wag vir my op Middelburg stasie en ons gaan plaas toe.  

Ewe onverwags skuif hier twee soldate in - hier neffens my.  Een sit op die bank oorkant my en een skuif hier vlak langs my in.  My naam is Willie ... Willie Marais se hy. 

Willie Marais is lank en blond en vreeslik mooi. Paul Newman mooi.  Sonder om te blik of te bloos gly sy arm onverwags om my  nek so gemaklik, so gou.  So gesels,  gesels gly die trein verder die nag in en by Bronkorstspruit is ek smoorverlief. Teen die tyd dat ons Witbank instoom is Willie Marais my groot liefde. Op Middelburg stasie klim hy af, vat my tas en gee my pa n stywe hand druk. Willie Marais is smoor verlief.

Sondagmiddag, en die trein staan reg in die rigting van Pretoria. Ek sit hartseer en alleen in my hoekie by die venster. My pa en ma wag stil en alleen op die peron. Elmatjie gaan terug koshuis toe en almal is sad!

Met n ruk en n pluk trek die trein stadig uit die stasie terwyl ek my oe styf toemaak in my hande om klaar te huil. Dan n sagte hand op my gesig ... Willie Marais. 

Sy arm gly saggies om my skouers. My kop rus op sy bors. Die wereld is goed en die lewe is mooi want Willie Marais is lief vir sy nooi!






Comments

Popular Posts