DIE KOSHUIS SOKKIE
Ek is n eerste jaar in Heidehof koshuis daar langs die Apiesrivier in Pretoria. My kamer is op die tweede vloer, langs die badkamer. Die eerste kamer in die gang aan die regterkant. Langs die badkamer is twee telefoonhokkies. Elke tweede aand is ek hier, in een van die telefoonhokkies, gooi my vyf-en-twintig sent in die gleufie en met oorsteltenis vra ek saggies vir die sentrale aan die ander kant: " Drie nul drie Laersdrift asseblief". Skierlik is my pa of ma aan die anderkant en ek huil. Ek huil snot en trane want ek wil nie hier wees nie. Ek wil op "Witpoort' wees - by my ma en by my pa.
Dae word weke en weke verander in maande. Teen die middel van die derde kwartaal is my wereld soort van "gesettle" en ek bel minder huis toe. Een van die meisies in die gang vra my om op n "blind date" te gaan met iemand van die Universiteit van Pretoria se manskoshuis en ek se "ja". Freya - n meisie in my klas - en ek gaan saam-saam die aand aanpak.
"My naam is Louis" se hy. Geen idee wat Freya se een se naam is nie. In my onskuld swaai ek en draai tot die koshuismoeder se:" Die sokkie is nou amptelik op n end". Ligte uit is een uur en dan word die voordeur gesluit".
Die volgende aand is daar voordeur vir Elma du Toit. Dis die Louis van die sokkie. Ek vind uit hy het n grys Mini en hy kom van Vryheid af. Vryheid in Natal. So word ek en Louis n "item". Elke aand is hy daar en dan loop ons hand aan hand op die groen gras by die Uniegeboue en so met die Lente in die lug kry ek n kerel. Ek leer om lang liefdes briewe te skryf en te ontvang. Die vroutjie in die poskantoor op Laersdrift draai die briewe een vir een twee keer om en kyk stip na die stempel op die brief ... Vryheid ... Natal. Sy hou haar hand voor haar mond en ek wonder of sy giggel of sy gaap!
Ek doen my beste bes om n mooi nooi te wees en anner goeters, maar ek is dom en onnosel en ek weet nie van "flirt" en anner goeters nie, maar ek probeer my bes. Die nuwe jaar begin en die klasse begin en die klippie teen my venster ... begin. "Elma du Toit ... voordeur".
Ek het n kerel en Louis van Vryheid in Natal, hy het n nooi. Saens loop ons in die tuine van die Uniegeboue. Ek het tweede jaar status en ... on top of that ... n kerel!
Een laat middag loop ek terug koshuis toe. Ek was erens in die middestad. Toe sien ek hom. Die grys Mini! Die meisie voor in die Mini. Ek sien die man in die Mini ... dis dieselfde man wat klippies teen my venster gooi. Dis hy die man van Vryheid. Vryheid in Natal.
By die telefoonhokkie in Kerkstraat bel ek my ma. Bel ek my pa. Ek huil so ek kan skaars praat. Kan myself nie keer nie want my hart is oop geskeur.
"Toemaar" se die tannie voor die telefoon hokkie want sy sien my huil. Haar arms vou my toe en my snot en trane vlek haar rok. "Kom" se sy "kom eet by ons ... ek bly net daar ... daar oorkant die straat" se sy.
Ek bel my ma en ek bel my pa en ek is getroos maar nog baie boos oor die gewentenloosheid van die man! Die bliksem van Vryheid ... in ...!
e
Comments
Post a Comment
COMMENTS