ROAD TRIP NAMIBIA : WITPOORT - CARLETONVILLE

DAG EEN:

My pa, ma en twee sussies tel my op by Heidehof, my studente blyplek, langs die Apies rivier in Pretoria.  Dit is wintervakansie en so begin die lang reis deur Namibia met my Pa se splinternuwe wit Ford Fairlane.

 







DAG EEN: WITPOORT TOT BY CARLETONVILLE

My pa en ma laai my by die koshuis op in die splinternuwe wit Ford Fairline kar.  Ons drie sussies sit agter in die groot plat kar.  My ma en pa sit voor.  Sommer gou begin ons peusel aan die Pro Vita beskuitjies en biltong.  Min wetende dat dit ons padkos gaan wees vir die ganse amper 2,000 myl wat voorle.  Daardie aand slaap ons by tant Elna en oom Hennak Neft.  Hulle het groot geboer met mielies op die plaas op die draai, maar woon nou op Carletonville waar oom Hennak op die myn werk.  My ma en pa was groot vriende met hulle en dit is n wonderlike herontmoeting van ou vriende.  My ma vra vir my om die tamatieslaai vir aandete te maak en sy vertel trots dat ek nou n Huishoudkunde student is by die Hoer Tegniese Kollege in Pretoria.  Dis die eerste keer wat ek tamatieslaai moet maak.  Ons het nooit regtig tamaties gehad op Witpoort om slaai mee te maak nie.  As ons tamaties gehad het, het my ma altyd tamatiesous en mieliepap gemaak want dit was n hele ete.  Ek probeer my bes met die tamatieslaai en leer om die tamatie in blokkies te sny en n ui in blokkies te kap en dan sout en peper om n heerlike tamatieslaai te maak vir andete.  Ek dink ons almal het op die grond geslaap daardie aand want die Nefts het self n paar kinders gehad en miskien het net my pa en ma n bed gehad daardie aand.

DAG TWEE:  CARLETONVILLE TOT ARIAMSVLEI


Rus  plekkies oral langs die pad in die Kaap Provinsie


Kuruman Suid Afrika - die oog!




Vroeg die volgende oggend spring ons daar weg met die wit Ford Fairlane.  Ons drie sussies agter in en my pa en ma voor in.  Die eerste tekens wat ons sien dat ons nou in die Kaap provinsie is, is die mooi tafeltjies langs die pad onder groen koeltebome waar n mens n bietjie kan aftrek en rus.  Soos die dag warmer word, word die pad langer en langer.  Met die oop padkaart op ons skote en biltong in ons kieste hou ons drie sussies angstig die pad dop, vir die volgende dorpie of stilhou plek. By Kuruman stop ons so teen twaalf uur die middag. Dit is n klein dorpie in die Kalahari en Noord Kaap en bekend vir die ondergrondse fontein wat water van diep binne in die aarde bring na die oppervlakte toe.  Dit staan bekend as die Oog van Kuruman. Oral langs die pad sien ons die naamborde en afstand aanwysers. Olifantshoek, Olifantshoek 30 myl, Olifantshoek 20 myl, uiteindelik net 10 myl en toe hou die bordjies total en al op.  Ons is dwarsdeur Olifantshoek sonder om dit te weet.   Toe begin die naamborde weer Upington 300 myl.  Ons raak toe maar van pure vervelendheid aan die slaap en word eers weer wakker toe my pa se:” Wakker word julle ons is amper in Upington”.


By Upington vra my pa vir oornag verblyf in die rivieroewer kamp, maar alles is vol.  So met lee mae en al besluit my pa om deur te druk tot op die grens van Namibia en toe die son begin sak in die Weste vat ons die pad Ariamsvlei toe en my ma gee nog biltong en Provitas oor die sitplek agter toe vir ons drie.  Later vra my ma of sy kan agter sit want haar rug is nou te seer.  In die pik donker nag word ek my pa se co-pilot.  Die pad is gegruis maar baie nou en vol sinkplaat en die ergste van alles is oral op die pad is daar ewe skierlik n hek.  Daardie nag maak ek meer as een honderd hekke oop in die pik donker voel-voel ek na die hek se oopmaak draad en dan moet ek dit weer toe maak.   In die pik nag donker ry ons op hierdie vreemde pad en as ons in die flou ligte van die Ford Fairline die hek sien - stop my pa dat jy net een groot stofwolk agter die kar sien opdam, en almal se koppe kap voor teen die sitplek vas.  Na n angswekkende rit van so drie of vier uur kom ons uiteindelik by die grenspos op Arriamsvlei aan en stop net daar voor die Ariamsvlei hotel.  “Nie een tree verder nie!” se my ma.   Gelukkig, het hulle twee kamers vir ons en daar val ons moeg en moedeloos aan die slaap in vreemde beddens.  Ons is in Suidwes Afrika!

DAG DRIE: ARRIAMSVLEI HOTEL

Ek het nooit my ma n woord hoor se nie, maar ek dink sy het vir my pa gese sy gaan nie n tree verder ry voor sy nie n bietjie gerus het nie.  Die volgende dag was my ma wasgoed en ons drie hol in die hotel se gange op en af.


DAG VIER: ARRIAMSVLEI TOT OUTJO

Na n lekker dag se rus spring ons vroeg-vroeg die volgende dag weg.  Ons mikpunt - Windhoek.  My pa wou n plaas koop in Suidwes Afrika en dit is hoekom hy die toer aangepak het.  My pa het altyd gese Park is nie regtig beeswereld nie.  Hy het altyd gese om regtig n goeie beesplaas te he moet jy Mopanie bome he met buffelsgras wat so in die bome in oprank.  My pa was n beesboer deur en deur.  Oral langs die reguit pad Windhoek toe wil my pa afdraai as hy n plaatsnaambordje sien, dan dood ons drie sussies hier agter in die kar tienduisend dode.  Ons kry so skaam vir my pa … om te dink hy wil sommer by n wildvreemde plaashuis stop en begin gesels. 

Die pad windhoek toe is so regguit soos n pyl uit n boog!


 So gaan die myle een vir een verby en my ma gee nog biltong en Pro Vitas aan oor haar sitplek na ons drie hier agter in die kar.  So teen twaalf een uur kom ons in Windhoek aan.  Nou moet my pa kontak maak met sy vriend agter die rooilyn in Opowhu.  Ons gesin het spesiale toestemming nodig om agter die rooilyn in te gaan want dit is oorlog in Suid- Afrika en dis oorlog met Angola en waar ons heengaan is oorlogsgebied.  Die tweede ding wat my pa wil doen is om die wit Ford Fairlane te diens.  Dit alles klaar ry ons so laatmiddag uit Windhoek uit en kom skemeraand by die kampterrein net buite Outjo aan.  Gelukkig kry ons n chalet te huur maar my pa moet n matras in die dorp gaan oplaai vir ons drie.  Met ons arms by die venster uitgestrek om die matras op die dak vas te hou kry ons uiteindelik n plekkie op die grond voor my pa en ma se bed om ons lywe neer te le. 


Die kampterrein net buite Outjo






DAG VYF:  OUTJO KAMPEER TERREIN

Ons almal geniet die dag hier in die kampterrein.  My sussies en ek ontdek die gholfbaan net agter die kamp en die hele ganse gholfbaan is van sand gemaak.  Die vlaggies staan almal in n hol staal staaf en dit is vir ons groot pret om hierdie vlaggies uit te haal, die staal stafie vol sand te maak en die vlaggies te verskuif.  Dis vir ons groot sports om te dink hoe die ooms en die tannies van Outjo gaan soek na die regte gaatjie.  Nie ver van ons huisie af nie staan n man en sy vrou in n karavaan met twee reuse Alsatian honde wat in die sand voor die karavaan le.  My pa en ma begin later met hulle gesels en vind uit dat hulle permanent in hulle karavaan bly.  Hulle reis deur die hele Suidwes Afrika en stop in klein dorpies en besoek dan ou kerke en winkeltjies om ou juweliersware, silver en goud op te koop wat hulle dan weer later in Windhoek verkoop.  Hulle se hulle hou baie van die lewenstyl en hulle sal dit aanbeveel.  Ek kan nie sien dat my pa en ma ooit so sal lewe nie.  Nee wat my pa is n beesboer en hou van groot troppe rooi Afrikaner beeste en die klap van n sweep!

Teen sonsonder besluit ons drie sussies om te gaan bad.  Die ablusie blok is so entjie van ons huisie af.  Met ons slaapklere, handoeke, seep en shampoo loop ons oor na die ablusieblok toe en begin om die bad vol water te tap.  “Kom ons maak dit bietjie warmer” se een van ons en draai die warm water kraan verder oop.  Ewe skierlik draai die hele kop van die warm kraan mors af en n spuitfontein vuur warm water spuit tot teen die dak.  Gillend harloop ons half kaal deur die kamp tot by ma en pa.  Toe is daar behoorlik konsternasie.  Niemand weet wie om te roep om die kraan weer op sy plek te sit nie, en die stoom borrel soos n donner wolk by die deur uit en die water … die water loop in n bruisende stroom in die paadjie af.  Na n groot gesukkel kry die grootmense die prop weer op die warm kraan en uiteindelik kan ons bad.  Uiteindelik kon ons na al die avonture van die dag aan die slaap raak op die matras voor ma en pa se bed.

Die golfbaan by Outjo


DAG SES:  OUTJO TO OPOWHU




Die pad van Kamandjab tot by Opowhu




Sommer vroeg die volgende more is ons op pad.  Vandag is gevaarlik.  Vandag gaan ons die spergebied in en vanaand slaap ons op Opowhu.  Sommer gou word die pad n smal dun grondpaadjie tussen digte Mopanie bosse.  Die laasste skakel met die beskawing is Kamanjab n klein dorpie en die enigste plek om petrol te kry vir myle.  My pa maak die groot plat wit Ford vol petrol en maak nog n paar kannetjies ekstra vol vir die wis en die onwus.  Soos altyd ontmoet hy n boer in n bakkie by die petrolpomp en ons moet net keer of ons gaan kuier op sy plaas.  Vir myle en myle ry ons op die dun stof paadjie tussen die reuse Mopanie bosveld deur.  Die pad loop lyn reguit en al wat ons kan doen is biltong eet en af en toe n Pro Vita!  Laat middag met die son agter ons maak die bosse ewe skierlik oop en toe le Opowhu daar voor ons teen die rante.  Gedaan en vol stof trek my pa die wit Ford daar in.  Na die koffie en geselsies kry ons n huis om in te bly en ons pak uit.  Ons pak alles uit wat ons moet die wit Ford was van hoek tot kant.  Alles is deurtrek met rooi stof.  My ma is gedaan.  Haar rug is so seer dat sy skaars kan loop.  My ma rus.  Ons drie le en boek lees op die groot stoep en die boerbok spring op ons wit Ford Fairline rond. 

DAG SEWE: DESERT DRIVE




Game viewing trips to Etosha National Park


Na n dag of wat voel my ma sommer baie beter.  Met n oop bak Land Rover durf ons die woestyn in.  Sommer gou sien ons groot troppe Springbokke, kameelperde, koedoes en dan ewe skierlik is daar n jagluiperd hier langs die Landrover.  Ons gids laat waai maar die jagluiperd bly hier langs ons.  Daardie middag sien ek vir die eerste keer in my lewe … spoed in aksie.  Dan soos n weerligstraal swaai die jagluiperd hier voor verby die Landrover en kies dan koers die veld in hier voor ons.   My pa skiet a groot Springbok en sommer gou braai die lewer op die bosveldvuur.  Ewe skierlik fluister ons gids iets saggies in my pa se oor en dan se my pa vir ons: “Kyk of julle die oe hier rondom ons kan sien in die bos?”  Soos Mopani wurms peul die liggame uit die donker bos hier rondom ons en een vir een sluit hulle by ons aan rondom die vuur. Daar word sommer lank en lekker gesels oor jag stories van gister en vandag voordat ons almal uiteindelik n slaaplekkie gaan soek.  My pa en die gids het ons beddens gemaak al met die Landrover langs en ons slaap met ons koppe teen die wiele sodat ons n bietjie beskerming kan he teen die hyenas en ander gediertes wat in die nag dalk een van ons kan kom opraap vir ”brekfis”.

DAG AGT: DESERT DRIVE

Vroeg, vroeg die volgende more is ons die woestyn in.  Ons sien groot troppe Springbokke en Springbok ramme wat pronk en die wit van hulle sterte oopswaai in die wind.  Ons sien groot troppe Gemsbokke, Zebras, Hartebeeste, Kameelperde en ander klein wild.  Nou is ons op pad na die “Seekus van die Dood”.  Dit is absoluut onherbergsaam so wild dat niemand jou ooit weer sal kry as jy hier iets moet oorkom nie.  So ses myl voor die Seekus van die Dood af draai ons terug.  Groot troppe woestyn olifante in droe rivierbeddings maak ons harte bly.  Die stilte van die woestyn






Sal vir ewig by my bly.  Selfs nou hier soveel jare later as ek my oe toe maak kan ek dit voel, kan ek dit sien, kan ek dit hoor!

DAG NEGE: OVAHIMBA RESERVE









Vandag is ons op pad Etosha wildtuin toe.  Op pad stop ons by n Ovahimba gemeenskap.  Die mense smeer hulle lywe met rooi ochre grond en beesvet.  Die vrouens het lang gevlegde hare en selfs die klein babatjies is rooi.  Laat daardie agtermiddag kom ons by die Oukokouja kamp in die Etosha aan.  Ons het n wonderlike grasdak ronddawel en ons kan op ons stoep sit en kyk na die olifante wat in die waterpan kom drink.  Na n lekker bad, skoon klere en n bietjie rondsnuffel in die winkeltjies waar aandenkings te koop is braai my pa vir ons lekker vleis en my ma maak pap.  Ek weet nie of ek al ooit so lekker geslaap het nie.  Die volgende oggend meet my pa met sy hand die groot leeuspoor wat in die nag in die kamp rond geloop het.  Daardie groot leeumannetjie het sommer hier onder ons slaapkamer venster verby geloop. 

Okaukuejo camp Etosha 





DAG TIEN:  WILD KYK IN DIE ETOSHA









Vroeg voor son op is ons uit.  Wild kyk is die beste voor son- op het my pa altyd gese.  By n watergat sit ons ure en kyk na a leeu familie wat lui-lekker onder die Mopani bome le en slaap.  Groot troppe Gemsbokke, Zebras en wildebeest wei rustig in die grasvlaktes.  Hier en daar kom ons af op reuse groot Olifante en hulle is groter en ligter van kleur as die olifante wat n mens in die Kruger Wildtuin sien.  Ons slap nog n nag in die Oukokouja kamp.

DAG ELF:  ETOSHA TOT TSUMEB AND BEYOND




Die volgende more vat ons weer die pad en ons plan is om die noordelike gedeelte van die Etosha te bekyk en dan by die boonste hek uit te gaan tot by Tsumeb.  So half pad op pad na die hek toe word die grondpad en die veld rondom ons so wit soos meel.  Die hele wereld is soos spierwit kalk.  Hierdie kalk stof syfer in en deur alles totdat ons hare, ons gesigte, ons klere … letterlik later alles spierwit is.  “Hoe lank nog Pa? … hoe lank nog?’ vra ons elke drie minute.  Van Tsumeb onthou ek niks.  Ons was almal so moeg en so wit van die sand … ons was total en al verslae.  Ek dink my pa het vir ons iets gekoop om te eet.  Miskien was dit "fish and tjips"  daardie dag.  My pa en ma het nooit iets in n kafee gekoop nie. Maar daardie dag was dit noodsaaklik vir die algehele moraal van die span. Of ons weer geslaap het in die kampterrein by Outjo weet ek nie.

DAG TWAALF:  REHOBOTH







Daardie dag draai die wit Ford Fairline sy neus huis se kant toe.  My pa stop nie meer nie.  My pa wil nie meer op plase aangaan nie.  My pa wil nie meer n plaas koop nie.  My pa wil nou huis toe. “Witpoort” toe.  Na die eerste 1,000 my besluit my pa om in Rehoboth te stop.  ‘Rehoboth is a town in the Central Plateau region of Namibia. It's known for its rich cultural heritage.” My pa koop hier twee handgemaakte vel matte.  Dit was vreeslik mooi. Hierdie matte het in ons sitkamer op Witpoort gele van die dag af wat ons terug gekom het van ons epiese rys totdat my ma oorlede is en die plaas verkoop is.  Daardie aand slaap ons in Upington op die oewer van die Oranje rivier. 


Uppington rivier oewer kampterrein

DAG DERTIEN; UPINGTON TOT BRITS

Van die reis terug tot in Brits kan ek nie veel onthou nie.  Ek dink teen hierdie tyd was die biltong, die Pro Vitas en die beskuit alles op.  Ek dink teen die tyd was ons almal poot uit gery. Ek dink teen die tyd was die wit Ford Fairline gaar gery en my pa en ma … wel hulle … hulle het nooit gese hoe hulle oor die trip gevoel het nie.  Ons het net almal weer aan gegaan met ons lewens.  Petro is terug koshuis toe op Belfast en Annatjie is terug skool toe op Laersdrift en ek … ek is terug Heidehof toe daar langs die Apies rivier in Pretoria!

Ek wens ek kon alles weer oor doen.  Ek wens ek kon so n toer doen saam met my kinders en kleinkinders.  Ek wens ek kon weer in die veld slaap met my kop teen die Landrover se wiel en n varsgebraaide springbok lewer eet!







Opuwo is the capital of the Kunene Region in north-western Namibia. The town is located about 720 km north-northwest from the capital Windhoek, and has a population of c. 7,500. The call Opuwo turned into given by means of the commissioner of Ondangwa, Mr. Hugo Hahn, who came on the lookout for land to build an workplace. Upon his arrival, he requested neighborhood headmen to offer him land in which he could build an workplace. The headmen gave him a small plot, and when the headmen attempted to provide him extra land, Mr. Hahn responded pronouncing "Opuwo. I don’t need any extra land".

That is how Opuwo were given its call. The neighborhood citizens of Opuwo known as it Otjihinamaparero on the time, and some still name it that. Hugo Hahn known as the land “Ohopoho Otjitopora” because of this "they see the bore hollow and their water comes out". The call Otjihinamaparero changed into modified to Opuwo in 1974 because of orthographic reform.The first workplace to be set up inside the Kaokoland location was the colonial administrator in Swartbooisdrift on the banks of the Kunene River.















Comments

Popular Posts