OUPA NOLLIE EN OUMA BETTIE SE EPIESE REIS NA DIE BELGIESE KONGO EN KENYA: DAG EEN WITPOORT TOT BY TSHIPISE
| Dominee Dednam se DKW waarmee die vier avonturiers die reis aangepak het. | 
Ek was so sewe of agt jaar oud toe my ouma begin torring het aan my oupa om saam met Dominee en Mevrou Dednam die amper 8,000 kilometer reis aan te pak na die NG Kerk Sinode in Eldoret, Kenya.
My ouma Bettie was mal oor “travel”. As ouma Bettie hoor iemand gaan erens heen het sy onmiddelik haar kerkhoed opgesit, haar handskoene aangetrek en regop op die bank gaan sit - gereed om te klim. My ouma was mal oor “travel”. As die wiele draai was sy daar. Dis so snaaks want vandag kan ek hierdie selfde karaktertrek sien in my dogter! Soos ouma - so is ouma se kind!
Ek onthou n storie wat my ma altyd vertel het. My pa en ma was pas getroud en vriende van hulle het n motor gehad en as ek nou reg kan onthou was dit n bruin Plymouth motorkar. Oom Jaap du Toit, sy vriend, en tant Sannie du Toit het hulle uitgenooi om een aand na n opvoering te gaan kyk, in die stadsaal, op Belfast. Wel, my ma het altyd so lekker gelag as sy vir my die storie vertel. Toe my ouma hoor van die “trippie” is sy onmiddelik kamer toe, en binne tien minute het sy haar kerkhoed op die kop en haar handskoene aan en toe gaan sit sy op die sitkamer bank kiertsregop en wag want sy vat nie “Nee” vir n antwoord nie. Sy was min gepla oor die feit dat die vier jongmense op hulle eie hierdie romantiese aandjie wou spandeer. Nogminder, was sy gepla oor my oupa se beswarings om alleen agter te bly. Sy het ook glad nie geluister na die verskonings dat daar glad nie plek in die bruin Plymouth was vir haar nie. “My ma kan lekker op haar skoot sit” het sy ewe onskuldig gese. So eindig die romantiese “trippie” toe met my ouma in die middel van die bruin Plymouth met my ma op haar skoot en haar kerkhoed op haar op haar kop. My ouma Bettie was mal oor travel!
Die eerste mompelinge wat ek gehoor het van die reis na Kenya was op die skietbaan naby Blinkwater. Die gemeenskap het gereeld bymekaar gekom om skyf te skiet. My pa was n uitmuntende skut en het gereeld deelgeneem. Die hele familie het altyd saam gekom by hierdie skyfskiet geleenthede. Dit was n heel dag affere en die vrouens het die hele ganse dag pannekoek gebak en jaffels gemaak om al die honger mae te voed.
Dominee Dednam was n integrale deel van die gemeenskap. Ek onthou hoe ek gesit en luister het na my ouma se gesprek met my oupa en hoe sy haar argumente een vir een soos n staatsman op die tafel uitgepak het. Vir dae en dae het sy aan oupa bly torring. Sy het nooit moed opgegee nie. Oupa het maar naderhand moed opgegee en uiteindelik het hy gese: “Ja, goed dan … ons sal saam met Dominee en Mevrou na die Sinode toe gaan in Kenya”. Op 8 September 1958, met dominee se geel DKW stasiewa pak die vier avonturiers, die ontsettende reis van amper 8,000 kilometer aan! Ek het nie net my ouma se dagboek ge-erf nie maar ook my ouma se name. Dit is my plig om haar wonderlike storie te vertel.
DAG EEN: MAANDAG 8 SEPTEMBER 1958 WITPOORT TOT BY TSIPISEOns slaap vanaand hier op Tsipise. Ons het goed gery,
Thsipise is a warmwaterbron en vakansie-oord so 39 kilometer suid van Musina

Comments
Post a Comment
COMMENTS